Mississauga 280px Kaart Wapen 170px|center Vlag Land border|20px Kanada Provinsie border|20px Ontario Koördinate Stigting 1968 (as 'n dorp) Inkorporasie 1974 (City of Mississsauga) Oppervlakte: - Totaal 288,42 vk km Hoogte bo seevlak 173 m Bevolking: - Totaal (2011-sensus) 713 443 - Bevolkingsdigtheid 2 439,9/vk km - Metropolitaanse gebied 5 113 149 (Toronto CMA) Tydsone UTC -5 (Oostelike tyd) Burgemeester Hazel McCallion Amptelike Webwerf www.mississauga.ca Mississauga [ˌmɪsɪˈsɑgə] is 'n stad in die Streeksmunisipaliteit Peel van die Kanadese provinsie Ontario en met 713 443 inwoners (volgens die sensus van 2011) die sesde grootste munisipaliteit in die land. Mississauga, wat in 1974 as 'n stad geïnkorporeer is, maak deel uit van die metropolitaanse gebied van Groter Toronto en word deur 'n vinnige bevolkingsgroei gekenmerk - sy bevolking het in elkeen van die laaste twee dekades bykans verdubbel. Hierdie groei is aan Mississauga se ligging naby die stadsgebied van Toronto te danke.
Die internasionale lughawe van Toronto, Lester B. Pearson International Airport, is hoofsaaklik in die stadsgebied van Mississauga geleë. Sy sentrale besigheidsdistrik, een van die grootstes in die land, behels die Kanadese hoofkwartiere van multinasionale maatskappye soos Microsoft, Pepsico, General Electrics, Fujitsu en Wal Mart, asook baie ander ondernemings wat as Fortune 500-maatskappye gelys word.
Kategorie:Nedersettings in Ontario