Hierdie artikel handel oor die hawestad in Kroasië. Vir Botswana se geldeenheid sien Botswana pula. Pula 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Provinsie 23px Istrië Koördinate Stigting 45 v.C. Oppervlakte: - Totaal 51,65 vk km Hoogte bo seevlak 30 m Bevolking: - Totaal (2019) 57 460 - Bevolkingsdigtheid 1 100/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Boris Miletić (IDS) Amptelike webwerf pula.hr
duimnael|links|Die hawe van Pula duimnael|links|Die Arena van Pula duimnael|links|Tempel van Augustus Pula (Italiaans: Pola) is 'n hawestad in die weste van Kroasië langs die Middellandse See. Tot en met 1797 was die stad 'n Venesiaanse besitting en het daarna onder Habsburgs-Oostenrykse bewind gekom. In 1918, ná die Eerste Wêreldoorlog, is Pula weer by Italië ingelyf. Ná die Tweede Wêreldoorlog is die stad by Joego-Slawië ingelyf. Sedert 1991 is die stad in Kroasië geleë nadat dié land sy onafhanklikheid verkry het. In 1946 was nog 90% van die bewoners etniese Italianers, maar die meeste van hulle het na Italië geëmigreer.
Ekonomie Skeepsbou is die belangrikste industrie en Pula is die tuiste van Uljanik en Tehnomont, twee groot skeepsbouwerwe.
Toerisme Toerisme vorm 'n baie belangrike deel van die ekonomie: die stad het baie ou Romeinse geboue en 'n warm klimaat met 'n groot strand.
Sien ook 2Cellos Juraj Dobrila-Universiteit van Pula
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van Pula
Kategorie:Nedersettings in Kroasië Kategorie:Nedersettings langs die Middellandse See