duimnael|Vlag van die Olimpiese Spele
Die Olimpiese eed is die teks wat tydens die openingseremonie van elke Olimpiese Spele uitgespreek word deur 'n atleet en 'n amptenaar. Deur die uitspreek van die eed belowe die atlete en amptenare dat hulle tydens die spele by die reël en regulasies sal hou.
Hoofstuk 5 van die Olimpiese grondwet beskryf hoe die eed afgelê moet word. Hier word voorgeskryf dat 'n atleet van die organiserende land die eed uitspreek namens al die atlete. Die eed word in Engels uitgespreek en lui as volg:
In the name of all the competitors I promise that we shall take part in these Olympic Games, respecting and abiding by the rules which govern them, committing ourselves to a sport without doping and without drugs, in the true spirit of sportsmanship, for the glory of sport and the honour of our teams.
Terwyl die atleet die eed aflê moet hy die Olimpiese vlag in sy linkerhand vashou en sy regterhand opgesteek hou. Die vlagdraers van al die deelnemende lande vorm 'n halwe sirkel voor die podium waar die atleet wat die eed aflê op staan.
Daarna lê een van die amptenare van die organiserende land die eed af namens al die amptenare. Dit gebeur op dieselfde wyse as by atlete. Die teks hiervoor is:
In the name of all the judges and officials, I promise that we shall officiate in these Olympic Games with complete impartiality, respecting and abiding by the rules which govern them, in the true spirit of sportsmanship.
Die Olimpiese Spele van 1920 in Antwerpen was die eerste waar die Olimpiese eed vir atlete afgelê was. Die Olimpiese eed vir amptenare word ingevoer op die Olimpiese Spele van München in 1972.
Atlete wat die Olimpiese eed afgelê het + Olimpiese eedOlimpiadeAtleetBeampteAfrigterTaalOlimpiese Somerspele 1920Victor Boin––Nederlands/FransOlimpiese Winterspele 1924Camille Mandrillon––FransOlimpiese Somerspele 1924Géo André––FransOlimpiese Winterspele 1928Hans Eidenbenz––DuitsOlimpiese Somerspele 1928Harry Dénis––NederlandsOlimpiese Winterspele 1932Jack Shea––EngelsOlimpiese Somerspele 1932George Calnan––EngelsOlimpiese Winterspele 1936Willy Bogner, Sr.––DuitsOlimpiese Somerspele 1936Rudolf Ismayr––DuitsOlimpiese Winterspele 1948Bibi Torriani––ItaliaansOlimpiese Somerspele 1948Donald Finlay––EngelsOlimpiese Winterspele 1952Torbjørn Falkanger––NoorsOlimpiese Somerspele 1952Heikki Savolainen––FinsOlimpiese Winterspele 1956Giuliana Minuzzo––ItaliaansOlimpiese Somerspele 1956John Landy (Melbourne)Henri Saint Cyr (Stockholm)––EngelsSweedsOlimpiese Winterspele 1960Carol Heiss––EngelsOlimpiese Somerspele 1960Adolfo Consolini––ItaliaansOlimpiese Winterspele 1964Paul Aste––DuitsOlimpiese Somerspele 1964Takashi Ono––JapanneesOlimpiese Winterspele 1968Léo Lacroix––FransOlimpiese Somerspele 1968Pablo Garrido––SpaansOlimpiese Winterspele 1972Keiichi SuzukiFumio Asaki–JapanneesOlimpiese Somerspele 1972Heidi SchüllerHeinz Pollay–DuitsOlimpiese Winterspele 1976Werner Delle KarthWilly Köstinger–DuitsOlimpiese Somerspele 1976Pierre St.-JeanMaurice Fauget–Kanadese Frans (St.-Jean), Kanadese Engels (Fauget)Olimpiese Winterspele 1980Eric HeidenTerry McDermott–EngelsOlimpiese Somerspele 1980Nikolai AndrianofAlexander Medwed–RussiesOlimpiese Winterspele 1984Bojan KrižajDragan Perović–Sloweens (Križaj), Serwo-Kroaties (Perović)Olimpiese Somerspele 1984Edwin MosesSharon Weber–EngelsOlimpiese Winterspele 1988Pierre HarveySuzanna Morrow-Francis–Kanadese EngelsOlimpiese Somerspele 1988Hur Jae en Shon Mi-NaLee Hak-Rae–KoreaansOlimpiese Winterspele 1992Surya BonalyPierre Bornat–FransOlimpiese Somerspele 1992Luis Doreste BlancoEugeni Asensio–Spaans (Doreste), Katalaans (Asensio)Olimpiese Winterspele 1994Vegard UlvangKari Kåring–EngelsOlimpiese Somerspele 1996Teresa EdwardsHobie Billingsley–EngelsOlimpiese Winterspele 1998Kenji OgiwaraJunko Hiramatsu–JapanneesOlimpiese Somerspele 2000Rechelle HawkesPeter Kerr–EngelsOlimpiese Winterspele 2002Jimmy SheaAllen Church–EngelsOlimpiese Somerspele 2004Zoi DimoschakiLazaros Voreadis–GrieksOlimpiese Winterspele 2006Giorgio RoccaFabio Bianchetti–ItaliaansOlimpiese Somerspele 2008Zhang Yining Huang Liping –ChineesOlimpiese Winterspele 2010Hayley WickenheiserMichel Verrault–Kanadese Engels/Kanadese FransOlimpiese Somerspele 2012Sarah Stevenson Mik BasiEric FarrellEngelsOlimpiese Winterspele 2014Ruslan ZakharofWyacheslaf Wedenin Anastasia PopowaRussiesOlimpiese Somerspele 2016Robert ScheidtMartinho NobreAdriana SantosPortugeesOlimpiese Winterspele 2018Mo Tae-bumKim Woo-sikPark Ki-hoKoreaansOlimpiese Somerspele 2020Ryota YamagataKasumi IshikawaMasato KatoAsumi TsuzakiKosei InoueReika UtsugiJapanneesOlimpiese Winterspele 2022Liu JiayuWang QiangYongchun TaoJi XiaoouChineesOlimpiese Somerspele 2024Florent ManaudouMélina Robert-MichonMelanie TranChristophe MassinaFransOlimpiese Winterspele 2026Stefania ConstantiniDominik FischnallerRaffaella LocatelliGabriele ToldoElizabetta BiavaschiMaurizio MarchettoItaliaansOlimpiese Somerspele 2028EngelsOlimpiese Winterspele 2030FransOlimpiese Somerspele 2032EngelsOlimpiese Winterspele 2034Engels
(In 1984 vergeet Edwin Moses die teks van die eed tydens die openingseremonie).
Verwysings
Eksterne skakels Die Olimpiese Grondwet
Kategorie:Olimpiese Spele