duimnael|Die Finse atleet Paavo Nurmi steek die Olimpiese vlam tydens die openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1952 in Helsinki aan duimnael|Ingrid Berghmans tydens die Olimpiese fakkelloop in Brussel duimnael|Die Olimpiese vlam word tydens die openingseremonie aangesteek duimnael|Die Amerikaanse yshokkiespan van 1980 steek die Olimpiese vlam tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2002 aan duimnael|Li Ning "sweef" die Beijing Nasionale Stadion met die fakkel in sy hand binne

Die Olimpiese vlam is 'n vuur wat aangesteek word tydens die openingseremonie van die Olimpiese Spele en bly brand tydens die duur van die Spele tot dit tydens die sluitingseremonie uitgedoof word.

Die vlam het sy oorsprong in Olimpia, die plek van die antieke Spele in Griekeland, waar 'n fakkel tydens 'n seremonie aangesteek was deur sonlig met spieëls daarop te konsentreer. Die eerste moderne Spele waar die Olimpiese vlam weer aangesteek was, was die van die IX-Olimpiade in 1928 te Amsterdam.

Na die aansteek van die fakkel, word dit met 'n aflos (maar gedeeltelik ook met vinniger vervoermiddels) vanaf Olimpia deur 'n groot aantal lande na die stadion van die Spele gebring, waar die laaste loper die eer te beurt val om die Olimpiese vlam aan die brand te steek. Die fakkelloop vind vir die eerste keer by die Spele van 1936 te Berlyn plaas.

Atlete wat die Olimpiese vlam aangesteek het Die volgende atlete het die Olimpiese vlam vir die Spele aangesteek: Plek van die SpeleSpele vanNaam van die atleet/atleteBerlyn1936Fritz SchilgenLonden1948John MarcOslo1952Eigil NansenHelsinki1952Hannes Kolehmainen & Paavo NurmiCortina d'Ampezzo1956Guido CaroliMelbourne1956Ron ClarkeSquaw Valley1960Ken HenryRome1960Giancarlo PerisInnsbruck1964Josef RiederTokio1964Yoshinori SakaïGrenoble1968Alain CalmatMeksikostad1968Norma Enriqueta Basilio de SoteloSapporo1972Hideki TakadaMünchen1972Günter ZahnInnsbruck1976Christl Haas & Josef FeistmantlMontreal1976Sandra Henderson & Stéphane PréfontaineLake Placid1980Charles Morgan KerrMoskou1980Sergei BelofSarajevo1984Sanda DubravčićLos Angeles1984Rafer JohnsonCalgary1988Robyn PerrySeoel1988Chung Sun-Man, Kim Won-Tak, Sohn Mi-ChungAlbertville1992Michel Platini & François-Cyrille GrangeBarcelona1992Antonio RebelloLillehammer1994Haakon, kroonprins van NoorweëAtlanta1996Muhammad AliNagano1998Midori ItoSydney2000Cathy FreemanSalt Lake City2002Amerikaanse yshokkiespan van 1980Athene2004Nikolaos KaklamanakisTuryn2006Stefania BelmondoBeijing2008Li NingVancouver2010Steve Nash (binnenshuise pot), Nancy Greene (binnenshuise pot), Wayne Gretzky (binne en buite ketels), Catriona Le May Doan (sluitingseremonie)Londen2012Callum Airlie, Jordan Duckitt, Desiree Henry, Katie Kirk, Cameron MacRitchie, Aidan Reynolds en Adelle TraceySotsji2014Wladislaf Tretiak & Irina RodninaRio de Janeiro2016Vanderlei Cordeiro de Lima (binnenshuise pot), Jorge Gomes (buitenshuise pot)Pyeongchang2018Yuna KimTokio2020Naomi OsakaBeijing2022Dinigeer Yilamujiang & Zhao JiawenParys2024Teddy Riner & Marie-José PérecMilaan en Cortina d'Ampezzo2026Deborah Compagnoni & Alberto Tomba (Milaan), Sofia Goggia (Cortina)Los Angeles2028nog nie bekend nieFranse Alpe en Nice2030nog nie bekend nieBrisbane2032nog nie bekend nieSalt Lake City2034nog nie bekend nie

Eksterne skakels

Kategorie:Olimpiese Spele