Die Olimpiese Somerspele 2008 (Chinees: 第二十九届夏季奥林匹克运动会; pinyin: Dì Èrshíjiǔ Jiè Xiàjì Àolínpǐkè Yùndònghuì), amptelik bekend as die Spele van die XXIXste Olimpiade, is tussen 8 en 24 Augustus 2008 in Beijing, China, aangebied. Tydens die geleentheid het 10 942 atlete uit 204 nasies aan 302 items in 28 verskillende sportsoorte deelgeneem.

duimnael|links|Die Nasionale Stadion van Beijing Dit was naas die Spele van 1964 in Tokio en die Spele van 1988 in Seoel die derde Olimpiese Somerspele wat in Asië beslis is. Tokio sal later nog die Spele van 2020 aanbied en Beijing die Winterspele van 2022. Naas Beijing was Istanboel, Osaka, Parys en Toronto kandidate vir die organisasie van die 2008-Somerspele gewees.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Nasionale Stadion van Beijing, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Volksrepubliek China die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Mandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Natalie du Toit, swemmer en gouemedaljewenner tydens die Paralimpiese Somerspele 2004, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.

Die Paralimpiese Somerspele 2008 is tussen 6 en 17 September in Beijing gehou.

Toewysing duimnael|links|upright|Fakkel van die Olimpiese Somerspele 2008 in Beijing duimnael|400px|Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2008 duimnael|400px|Kaart van die Olimpiese Somerspele 2008 se wêreldwye fakkelloop Beijing is op 13 Julie 2001 in Moskou deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2008. Dié stad is bo die ander kandidate op die kortlys, naamlik Istanboel (Turkye), Osaka (Japan), Parys (Frankryk) en Toronto (Kanada) gekies. Stede soos Bangkok, Havana, Kaïro, Kuala Lumpur en Sevilla was ook voorgestel, maar het nie die kortlys gemaak nie.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2008 Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Beijing 44 56 Toronto 20 22 Parys 15 18 Istanboel 17 9 Osaka 6 —

Omstredenheid duimnael|links|Die Olimpiese swembad met die Nasionale Stadion in die agtergrond Die toekenning van die Spele aan die Volksrepubliek China was in sommige kringe omstrede weens die land se ondemokratiese regering en swak menseregterekord. Amnestie Internasionaal het in April 2007 gemeld dat die situasie met die aanloop na die Spele vir terdoodveroordeeldes en buitelandse joernaliste verbeter het, terwyl die onderdrukking van plaaslike joernaliste en politieke aktiviste besig was om toe te neem. Die getal mense onder huisarres en inhegtenisnames sonder regsproses het volgens Amnestie Internasionaal ook toegeneem. China: The Olympics countdown: Repression of activists overshadows death penalty and media reforms Amnestie Internasionaal

Uit 'n ondersoek van Play Fair 2008, Playfair webwerf 'n organisasie van vakbonde en aksiegroepe, blyk dit dat daar ook probleme was met die vervaardiging van goedere soos pette, tasse en penne wat vir die geleentheid gemaak word. Kinderarbeid word op groot skaal in Chinese fabrieke aangewend en mense word nie die helfte van die minimumloon betaal nie. Die Organisasiekomitee van die Spele het aangekondig dat hierdie bedrywighede ondersoek sal word. Dagblad van het Noorden: Onderzoek organisatoren OS Peking naar misstanden

Van die atlete was besorg dat die lugbesoedeling wat oor die stad hang hulle prestasies nadelig kon beïnvloed. Die Beijing munisipale regering het ingestem om die besoedelingsprobleem aan te spreek en verskeie fabrieke in die omgewing is gesluit.

Seremonies duimnael|links|Skouspel tydens die openingseremonie duimnael|Skouspel tydens die sluitingseremonie Die opening- en afsluitingseremonie is in die nuwe Nasionale Stadion van Beijing gehou, waar byna 100 000 toeskouers geakkommodeer kan word. Die stadion vertoon uiterlik soos 'n voëlnes en word in die volksmond dan ook as sodanig aangedui. Die stadion is deur die argitekfirma Herzog & de Meuron ontwerp.

Die aflos met die Olimpiese fakkel is vanaf Athene, deur die Himalaja, na Beijing geneem. Die fakkel is ook deur 'n groep van 80 spesiaal opgeleide bergklimmers na die spits van Berg Everest gedra. Die voormalige Chinese gimnas, Li Ning, het die eer te beurt geval om die Olimpiese vlam aan te steek.

Die Olimpiese vlam is op 24 Augustus 2008 uitgedoof tydens die afsluitingseremonie. Guo Jinlong, die burgemeester van Beijing, het die Olimpiese vlag aan die burgemeester van Londen, Boris Johnson oorhandig, waar die 2012-spele aangebied gaan word.

Sporte 28 Olimpiese sportsoorte in 302 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 301 goue medaljes oorhandig.

Stadions 31 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2008 gebruik:

Olimpiese Groen duimnael|Kaart van die sportplekke in Beijing duimnael|Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2008 duimnael|Binneansig van die Beijing Nasionale Stadion tydens die Olimpiese Somerspele 2008 duimnael|Die Beijing Nasionale Swembad snags gesien duimnael|Die Beijing Instituut vir Tegnologie-stadion duimnael|Die Werkersstadion duimnael|Die Strandvlugbalgrond duimnael|Sjanghaistadion duimnael|Sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2008 StadionSporteKapasiteit Beijing Nasionale Swembad Swem, Sierduik en Gesinchroniseerde swem 17 000 Beijing Nasionale Binnenshuise stadion Gimnastiek (artistiek, trampolien), Handbal (eindstryd) 19 000 Beijing Nasionale Stadion seremonies (opening/sluiting), Atletiek, Sokker (eindstryd) 91 000 Olimpiese Groen Tennissentrum Tennis 32 400 Olimpiese Groen Boogskietveld Boogskiet 5 000 Olimpiese Groen Vergaderingsentrum Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport) 5 695 Olimpiese Groen Hokkieveld Veldhokkie 17 000

Universiteitsgimnasiums StadionSporteKapasiteit Beijing Wetenskap en Tegnologie Universiteitsgimnasium Judo, Taekwondo 8 024 Beijing Universiteit van Tegnologie Gimnasium Pluimbal, Gimnastiek (ritmies) 7 500 China Landbou-universiteit Gimnasium Stoei 8 000 Beijing Universiteitsgimnasium Tafeltennis 8 000 Beihang Universiteitsgimnasium Gewigoptel 5 400 Beijing Instituut vir Tegnologie Gimnasium Vlugbal 5 000

Nuwe wedstrydplekke StadionSporteKapasiteit Beijing Nasionale Akwatiese Sentrum Swem, Sierduik en Gesinchroniseerde swem 17 000 Beijing Nasionale Binnenshuise stadion Gimnastiek (artisties, trampolien), Handbal (eindstryd) 19 000 Beijing Nasionale Stadion Atletiek, Sokker (eindstryd) 91 000 Beijing Wetenskap en Tegnologie Universiteitsgimnasium Judo, Taekwondo 8 024 Beijing Skietbaansaal Skyfskiet (pistool, geweer) 9 000 Beijing Universiteit van Tegnologie Gimnasium Pluimbal, Gimnastiek (ritmies) 7 500 China Landbou Universiteitsgimnasium Stoei 8 000 Laoshan Velodrome Fietsry (baan) 6 000 Olimpiese Groen Tennissentrum Tennis 17 400 Beijing Universiteitsgimnasium Tafeltennis 8 000 Shunyi Olimpiese Roei-Kanovaart Park Roei, Kanovaart en Swem (maraton) 37 000 Wukesong Binnenshuise stadion Basketbal 18 000

Bestaande wedstrydplekke StadionSporteKapasiteit Beihang Universiteitsgimnasium Gewigoptel 5 400 Beijing Instituut vir Tegnologie Gimnasium Vlugbal 5 000 Beijing Skietbaan Kleiteikengebied Skyfskiet (haelgeweer) 5 000 Hoofstadse Binnenshuise stadion Vlugbaö (eindstryd) 18 000 Fengtai Sagtebalveld Sagtebal 13 000 Laoshan Bergfietsbaan Fietsry (bergfiets) 2 000 Olimpiese Sportsentrum Sokker, Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) 36 228 Olimpiese Sportsentrum Gimnasium Handbal 7 000 Werkers Binnenshuise Arena Boks 13 000 Werkersstadion Sokker 70 161 Ying Tung natatorium Waterpolo, Moderne vyfkamp (swem) 4 852

Tydelike wedstrydplekke StadionSporteKapasiteit Strandvlugbalgrond Vlugbal (strand) 12 000 BMX-veld Fietsry (BMX) 4 000 Olimpiese Groen Boogskietbaan Boogskiet 5 000 Olimpiese Groen Vergaderingsentrum Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport) 5 695 Olimpiese Groen Hokkieveld Veldhokkie 17 000 Driekampplek Driekamp 10 000 Stedelike Fietsrypadkursus Fietsry (padwedloop) Nie gelys nie Wukesong Bofbalveld Bofbal 18 000

Buite Beijing StadionLiggingSporteKapasiteit Hongkong Perdryplekke Hongkong Ruitersport 18 000 Qingdao Internasionale Seiljagwedvaartsentrum Qingdao Seilvaart Nie gelys nie Qinhuangdao Olimpiese Sportsentrumstadion Qinhuangdao Sokker 33 572 Sjanghaistadion Sjanghai Sokker 80 000 Shenyang Olimpiese Sportsentrumstadion Shenyang Sokker 60 000 Tianjin Olimpiese Sportsentrumstadion Tianjin Sokker 60 000

Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes UG Uitstallingsgala SS Sluitingseremonie

Augustus 20086Wo7Do8Vr9Sa10So11Ma12Di13Wo14Do15Vr16Sa17So18Ma19Di20Wo21Do22Vr23Sa24SoItems20px Seremonies OS SS 20px Atletiek246653677147 20px Basketbal●●●●●●●●●●●●●●112 20px Bofbal●●●●●●●●11 20px Boks●●●●●●●●●●●●●4611 20px Boogskiet●11●●114 20px Driekamp112 20px Fietsry11213123●2218 20px Gesinchroniseerde swem●●1●12 20px Gewigoptel122222111115 20px Gimnastiek●●1111●444UG●●1118 20px Handbal●●●●●●●●●●●●●●112 20px Judo222222214 20px Kanovaart●2●●2●●●●6616 20px Moderne vyfkamp112 20px Pluimbal●●●●●●1225 20px Roei●●●●●●7714 20px Ruitersport●●●2●1●●●1116 20px Sagtebal●●●●●●●●11 20px Seilvaart●●●●●●●3222211 20px Sierduik1111●●1●1●1●18 20px Skermsport11112111110 20px Skyfskiet22221212115 20px Sokker●●●●●●●●●●1●12 20px Stoei2232222218 20px Swem●444444441134 20px Taekwondo22228 20px Tafeltennis●●●●11●●●114 20px Tennis●●●●●●134 20px Veldhokkie●●●●●●●●●●●●112 20px Vlugbal●●●●●●●●●●●●11114 20px Waterpolo●●●●●●●●●●●1●12Totaal 0 0 0 7 14 13 19 17 15 18 27 37 18 20 11 21 21 32 12 302Kumulatief 0 0 0 7 21 34 53 70 85 103 130 167 185 205 216 237 258 290 302 Augustus 20086Wo7Do8Vr9Sa10So11Ma12Di13Wo14Do15Vr16Sa17So18Ma19Di20Wo21Do22Vr23Sa24SoItems

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

duimnael|Suid-Afrika se veldhokkiespan net voor die wedstryd teen die Verenigde Koninkryk op 15 Augustus 2008 Die Suid-Afrikaanse swemmer Natalie du Toit, die wenner van vyf goue medaljes by die Paralimpiese Somerspele 2004, het gekwalifiseer om aan die Spele deel te neem. Daarby word sy die eerste geamputeerde atleet wat vir die Olimpiese Spele kwalifiseer sedert Olivér Halassy in 1936. "Dreams carry Natalie Du Toit to Beijing" , The Telegraph, 4 Mei 2008 "Du Toit, who lost leg in scooter accident, will swim in Beijing Games", Reuters, 3 Mei 2008

Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is eers deur die Internasionale Atletiekfederasie verbied om aan die Olimpiese Spele deel te neem nadat 'n Duitse universiteit bevind het dat sy bioniese kunsbene hom 'n voordeel bo gewone atlete gee. Talle maars in sage oor Oscar se ‘bene’, Volksblad, 31 Januarie 2008 Die verbod is later opgehef, maar hy kon nie vir deelname kwalifiseer nie.

Suid-Afrika kon slegs 'n enkele silwer medalje tydens die Spele inpalm (Godfrey Khotso Mokoena vir verspring).

Hoogtepunte duimnael|upright|Michael Phelps spog met een van sy goue medaljes tydens die Somerspele 2008 Michael Phelps van die Verenigde State het agt goue medaljes tydens die Spele ingepalm, 'n wêreldrekord wat hom 'n totaal van 14 goue medaljes oor sy loopbaan besorg, meer as enige ander atleet in die geskiedenis van die Spele. Usain Bolt van Jamaika kon tydens die Spele drie goue medaljes verower en drie nuwe wêreldrekorde opstel, vir die 100 m, die 200 m en die 4x100 meter vryslagaflos. Verder het die Britse baanfietsryer Chris Hoy, die Australiese swemmer Stephanie Rice en die Chinese gimnas Zou Kai drie goue medaljes gewen.