Luitgard van Vermandois (omstreeks 914 – 9 Februarie 978) was die dogter van Herbert II van Vermandois en Adelheid van Boergondië.The Annals of Flodoard of Reims, 919–966, eds. Steven Fanning; Bernard S. Bachrach (Toronto: University of Toronto Press Inc., 2011), p. 21 n. 77 Via haar vader was sy 'n afstammeling van Karel die Grote. Sy was aanvanklik getroud met Willem I van Normandië. Na sy dood in 942 tree sy een jaar later met Theobald I van Blois in die huwelik.

Kinders Saam met Theobald I het sy vier kinders gehad: Theobald (gest. 962), jong gestorwe Hugo, Aartsbiskop van Bourges (gest. 985) Odo I van Blois (gest. 996), graaf van Blois Emma (gest. 1003), getroud met Willem IV van Akwitanië

Verwysings

Kategorie:Geboortes in die 910's Kategorie:Sterftes in 978