Die stormbos (Cadaba aphylla) is 'n geharde en feitlik blaarlose struik of boom wat inheems is aan die dorre gebiede van Suider-Afrika, soos onder meer die Karoo en Limpopovallei.

Verspreiding Dit word aangetref in die semi-woestyn van Botswana, Namibië, suidelike Zimbabwe en Suid-Afrika. In Suid-Afrika is die spesie inheems in Limpopo, die Noord-Kaap, Noordwes, die Oos-Kaap, die Vrystaat en die Wes-Kaap. Dit kom ook in Ecuador voor.

Beskrywing Die plant bestaan 'n boskasie van lang, dun semi-sukkulente stingels wat heeljaar groen bly. Die rooi blomme word in trosse in die oksels gedra en ontbreek aan kroonblare. Uit die blomknop van rooi kelkblare kom die rooi vergroeide meeldrade te voorskyn.

Die boom se FSA-nommer is 129.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Cadaba Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Ecuador Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe