Die Ventersberg is 'n bergpiek 4 km noordoos van Fouriesburg in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika. Die bergpiek is 'n deel van die Rooiberge.

Bewaringsgebiede links|duimnael|'n Kaart van die wandelroetes in Meiringskloof Die Meiringskloof-natuurpark aan die suidhange van die berg geleë, en die Uithoek-natuurpark is aan die noordweshange. Die Meiringskloof-natuurpark is 'n privaat eiendom in 'n bebosde sandsteenkloof. Die park digby Fouriesburg kan daagliks tussen 8:30 en 17:00 deur dagbesoekers verken word, maar oornaggeriewe en karavaanstaanplekke is ook beskikbaar. 'n Perk word op die getal dagbesoekers gestel weens die ekologiese sensitiwiteit van die area.

Sien ook Lys van bergpieke in Suid-Afrika

Kategorie:Berge van Suid-Afrika Kategorie:Vrystaat