Die valslekkerbreek (Brackenridgea zanguebarica) is 'n struik of klein boompie wat in Suid-Afrika in Limpopo voorkom. Verder noord is die spesie inheems aan Kenia, Malawi, Mosambiek, Tanzanië en Zimbabwe. Daar is een subpopulasie wat in Suid-Afrika voorkom by Thengwe. Die boom het 'n voorkomsgebied van slegs 35 km² en word bedreig deur die onwettige gebruike as medisyne en brandhout. Dit het ook habitat afgestaan aan landbou aktiwiteite.

Die boom se FSA-nommer is 483.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe