Die Horebberg is 'n bergpiek 3 km oos van Clarens en 10 km wes van die Golden Gate-Hoogland in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika. Die sandsteenberg is een van die hoogste pieke in die Rooiberge, en vorm 'n waterskeiding tussen bolope van die Vaal- en Oranjeriviere. Die Kroonspruit, 'n sytak van die Asrivier ontspring op die noordhang, en op die suidhang ontspring 'n sytak van die Klein-Caledonrivier. Sowat 16 km na die ooste en binne sig van Horebberg, is Ribbokkop (2 788 meter) die hoogste punt in die omstreke.

Sien ook Lys van bergpieke in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Berge van Suid-Afrika Kategorie:Vrystaat