Die Wodehousekop is 'n bergpiek binne die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika. Die bergpiek maak deel uit van die Rooiberge in die voetheuwels van die Drakensberge. Die bolope van die Klein-Caledonrivier ontspring op die hange van die kop. Wodehousekop is vernoem na sir Philip Wodehouse, (latere) goewerneur van die Kaapkolonie, deur wie se toedoen sekere bakens na bewering in 1846 in die Rooiberge opgerig is.

Sien ook Lys van bergpieke in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Berge van Suid-Afrika Kategorie:Vrystaat