Othonna ciliata is 'n struik wat endemies aan die Wes-Kaap is. Die spesie kom van Ceres tot by die Kaapse Skiereiland en Sir Lowryspas voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 5342 km² en die plant is deel van die fynbos en renosterveld. Daar is tien gefragmenteerde subpopulasies met die grootste een op Tygerberg wat uit 500-700 plante bestaan. Die plant het reeds 75% van sy habitat afgestaan aan landbou aktiwiteite en stedelike ontwikkeling. Dit word tans bedreig deur oorbeweiding, indringerplante en onbehoorlike veldbrand bestuur.

Bronne Plants of the World Online REDLIST Sanbi

Kategorie:Struike Kategorie:Othonna Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika