Die Boekklub is 'n TV-dramareeks, wat in die Karoo afspeel. Die reeks is vanaf 12 Januarie 2016 op KykNET (DStv kanaal 144) uitgesaai.Die reeks vertel die storie van Tom Niemandt wat 'n onverwagse oproep ontvang wat hom lei na die Karoo. Terwyl hy sin probeer maak van Merweville, die dorpie in die Karoo, ontmoet hy 'n groep mense wat sy lewe onherroeplik verander.

Die reeks is verfilm in Merweville, tussen Laingsburg en Beaufort-Wes, asook in Stellenbosch.

Seisoen 1 word Dinsdae aande 20h30 op KykNET uitgesaai.

Seisoen 2 en 3 word Dinsdae aande 20h00 op KykNET uitgesaai.

Die reeks is ook beskikbaar op Showmax.

Rolverdeling Armand Aucamp as Tom Niemandt Jana Cilliers as Anna Uys Paul du Toit as Gert Grobler Nicole Holm as Hanli Oberholzer Arno Marais as Herman Mouton June van Merch as Sofia Matthews Lee-Ann van Rooi as Gerwin Goliath Christia Visser as Lillie Human De Klerk Oelofse as Louwrens Anrich Herbst as Johan Tessa Denton as Isabel Antoinette Kellermann as Gertruida Pierre van Pletzen as Piet Smit Pietie Beyers as John Nicole Fortuin as Julia Margit Meyer-Rödenbeck as Vera Klopper Stian Bam as Altus

Episodes Seisoen 1 (2016)

Seisoen 2 (2017)

Seisoen 3 (2021)

Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiereekse