Die bobbejaanklimop (Othonna undulosa) is 'n struik wat inheems is aan Namibië, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom voor van die suide van Namibië tot by Uniondale en is deel van die Sukkulente Karoo, die Nama-Karoo en die fynbos. Die plant word tot 70 cm hoog en blom van Mei tot Augustus.
Bronnelys John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018 Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Kategorie:Struike Kategorie:Othonna Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika