Maurice Polydore Marie Bernard MaeterlinckGespel: Maurice (Mooris) Polidore Marie Bernhard Maeterlinck op die amptelike Nobelprys bladsy. (29 Augustus 1862 – 6 Mei 1949), ook bekend as Graaf (of Comte) Maeterlinck van 1932, was 'n Belgiese dramaturg, digter en essayis wat Vlaams was maar in Frans geskryf het. Hy is in 1911 met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon "uit waardering vir sy veelsydige literêre aktiwiteite, en veral vir sy dramatiese werke, wat onderskei word deur 'n rykdom van verbeelding en deur 'n poëtiese fantasie, wat soms openbaar in die gedaante van ’n sprokie, ’n diepe inspirasie, terwyl hulle op ’n geheimsinnige wyse ’n beroep doen op die lesers se eie gevoelens en hul verbeelding prikkel”. Die hooftemas in sy werk is die dood en die sin van die lewe. Hy was 'n leidende lid van die La Jeune Belgique-groep,Michael Shaw (2019), The Fin-de-Siècle Scottish Revival: Romance, Decadence and Celtic Identity, Edinburgh University Press, p. 98 en sy toneelstukke vorm 'n belangrike deel van die Simbolisme-beweging. In sy latere lewe het Maeterlinck voor geloofwaardige beskuldigings van plagiaat te staan gekom.

Notas

Verwysings

Bronnelys M. J. Moses, Maurice Maeterlinck: A Study (New York, 1911) E. Thomas, Maurice Maeterlinck, (New York, 1911) J. Bethell, The life and Works of Maurice Maeterlinck (New York, 1913) Archibald Henderson, European Dramatists (Cincinnati, 1913) E. E. Slosson, Major Prophets of To-Day (Boston, 1914) G. F. Sturgis, The Psychology of Maeterlinck as Shown in his Dramas (Boston, 1914) P. McGuinness, "Maeterlinck and the making of Modern Theatre" (Oxford, 2000)

Kategorie:Geboortes in 1862 Kategorie:Sterftes in 1949 Kategorie:Belgiese digters Kategorie:Belgiese skrywers