Walter Sisulu-universiteit (WSU) is 'n universiteit vir tegnologie en wetenskap geleë in die stede Mthatha, Oos-Londen (Buffalo City), Butterworth en Komani (Queenstown) in die Oos-Kaap, Suid-Afrika, wat op 1 Julie 2005 tot stand gekom het as gevolg van 'n samesmelting tussen Grens Technikon, Oos-Kaap Technikon en die Universiteit van Transkei. Die universiteit is vernoem na wyle Walter Sisulu, 'n prominente figuur in die stryd teen apartheid.

Geskiedenis Die Universiteit van die Transkei is in 1976 in die tuisland van Transkei gestig, aanvanklik as 'n tak van die Universiteit van Fort Hare op versoek van die tuislandregering. Die Grens Technikon en Oos-Kaapse Technikon is in die laat 1980's en vroeë 1990's gestig.

As een van ses omvattende universiteite in Suid-Afrika, is WSU 'n ontwikkelingsuniversiteit wat op stedelike vernuwing en landelike ontwikkeling fokus deur te reageer op die sosio-ekonomiese behoeftes van die gemeenskap, handel en nywerheid deur wetenskap, tegnologie en innovasie.

Administrasie en organisasie Die universiteit word volgens kampus en dan volgens fakulteit georganiseer:

Buffalo City (Oos-Londen) Fakulteit Natuurwetenskappe, Ingenieurswese en Tegnologie Fakulteit Bedryfswetenskappe Butterworth Fakulteit Ingenieurswese en Tegnologie Fakulteit Bedryfswetenskappe Fakulteit Opvoedkunde Komani (Queenstown) Fakulteit Opvoedkunde en Skoolontwikkeling Fakulteit Ekonomie en Inligtingstegnologiestelsels Mthatha Fakulteit Gesondheidswetenskappe Fakulteit Opvoedkundige Wetenskappe Fakulteit Geesteswetenskappe, Sosiale Wetenskappe en Regte Fakulteit Natuurwetenskappe Fakulteit Handel en Administrasie

Akademiese programme Die universiteit se 175 akademiese programme is ten volle geakkrediteer deur die Raad op Hoër Onderwys wat hoër onderwysgehalte regoor Suid-Afrika monitor. Daarbenewens is baie van die programme ook geakkrediteer deur hul onderskeie professionele liggame. Daar is programme wat in die volgende velde aangebied word:

Ingenieurswese - Meganiese Ingenieurswese, Elektriese Ingenieurswese, Siviele Ingenieurswese, Bou-omgewing ens. Wetenskap Gesondheid Inligtingstegnologie Besigheidsbestuur Onderwys Mode en Kuns Joernalistiek en uitsaaiwese Toerisme en Gasvryheidsbestuur

Verwysings

Eksterne skakel

Amptelike webwerf

Koördinate:

Kategorie:Suid-Afrikaanse universiteite Kategorie:Oos-Kaap