FlySafair is 'n laekosteredery gebaseer in Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is 'n volfiliaal van Safair. Die maatskappy se slagspreuk is For The Love Of Flying.

Geskiedenis Die lugredery is in Augustus 2013 gestig en is deur die Suid-Afrikaanse Lugdienslisensiëringsraad goedgekeur om bedrywighede met tien daaglikse dienste tussen Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe en die Kaapstad Internasionale Lughawe te begin.

Die lugredery het planne gehad om in Oktober 2013 met bedrywighede te begin. Die Hooggeregshof van Suid-Afrika het egter op 8 Oktober 2013 'n tussentydse hofbevel toegestaan wat die lugredery verhinder om bedrywighede te begin, na 'n aansoek deur mededingende lugrederye, op grond daarvan dat dit nie aan die wetlike vereiste van 75% plaaslike eienaarskap voldoen het nie. Aansienlike herstrukturering van eienaarskap het plaasgevind en FlySafair se eerste vlug het uiteindelik op 16 Oktober 2014 opgestyg.

Bestemmings duimnael|300px|'n FlySafair Boeing 737-400 duimnael|300px|FlySafair Boeing 737-844 wat voorheen aan die SAL behoort het FlySafair bedien die volgende bestemmings: LandStadLughaweNotasSuid-AfrikaBloemfontein Bram Fischer Internasionale LughaweKaapstadKaapstad Internasionale LughaweDurbanKoning Shaka Internasionale LughaweOos-LondenKoning Phalo Internasionale LughaweGeorgeGeorge-lughaweGqeberhaHoofman Dawid Stuurman Internasionale LughaweJohannesburgO.R. Tambo Internasionale LughaweLanseria Internasionale LughaweAngolaLuandaQuatro de Fevereiro Internasionale Lughawe BotswanaGaboroneSir Seretse Khama Internasionale Lughawe KeniaNairobiJomo Kenyatta Internasionale Lughawe MauritiusPort LouisSir Seewoosagur Ramgoolam Internasionale LughaweMosambiekMaputoMaputo Internasionale Lughawe NamibiëWindhoekHosea Kutako Internasionale Lughawe SeychelleMahéSeychelle Internasionale Lughawe ZambiëLivingstoneHarry Mwanga Nkumbula Internasionale Lughawe LusakaKenneth Kaunda Internasionale Lughawe ZimbabweBulawayoJoshua Mqabuko Nkomo Internasionale Lughawe Victoria FallsVictoria Falls Lughawe

Interlyn-ooreenkomste FlySafair het interlyn-ooreenkomste met die volgende lugrederye:

Air France KLM Qatar Airways Emirates Kenya Airways Ethiopian Airlines Proflight Zambia

Vloot Teen Oktober 2022 bestaan die FlySafair-vloot uit die volgende Boeing-vliegtuie: + FlySafair vlootVliegtuigIndiensBestellingsPassasiersBoeing 737-40050165Boeing 737-800212189Totaal262

Dienste

Invlugdiens FlySafair bied kos en drankies aanboord te koop aan. FlySafair bied ook 'n maandelikse tydskrif aan boord genaamd In Flight. Dit was ook die eerste lugredery in Suid-Afrika wat kaartbetalings aan boord hul vlugte gebied het.

Op hul Internasionale roete bied hulle 'n voorafverpakte ete gratis aan, met ander eet- en drinkopsies te koop.

Om higiëniese redes is die In Flight-tydskrif tans slegs in digitale formaat beskikbaar.

FlySafair Vakansies FlySafair het hul vakansieprogram in Mei 2021 bekendgestel, saam met die plaaslike maatskappy Tripco om vlugte en akkommodasie te kombineer.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse lugrederye