links|duimnael|Lugfoto van aanloopbane 22/04 en 18/36 Keetmanshoop-lughawe (IATA: KMP, ICAO: FYKT) is 'n lughawe wat Keetmanshoop, 'n stad in die ǁKaras-streek van Namibië bedien. Die lughawe is ongeveer 5 kilometer noordwes van die dorp geleë. Dit het doeane- en immigrasiedienste en is die tuiste van die Namibia Aviation Training Academy (NATA).

Die Keetmanshoop VOR-DME (Ident: KTV ) is op die veld geleë. Die Keetmanshoop ongerigte radiobaken (Ident: KT) is 1,9 km van die drumpel van aanloopbaan 04 af geleë.

Verwysings

Eksterne skakels

SkyVector - Keetmanshoop OurAirports - Keetmanshoop OpenStreetMap - Keetmanshoop

Kategorie:Lughawens in Namibië