Hyoscyamus niger (ook bekend as bilsekruid of dolkruid)"Bilsekruid" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 3 Junie 2022. is 'n plant in die familie Solanaceae wat in groot hoeveelhede giftig is. Dit is inheems aan die gematigde streke van Europa en Siberië en genaturaliseer in Brittanje en Ierland.
Historiese gebruik Die naam "bilsekruid" kom waarskynlik van die Proto-Germaanse woord bil, wat beteken "sig, hallusinasie, magiese krag" en "bonatuurlike krag".
Die plant is histories saam met ander plante soos alruin, belladonna en datura gebruik as narkose en ook vir sy bedwelmende eienskappe in "toordrankies". Dié bedwelmende eienskappe sluit in visuele hallusinasies en 'n sensasie van vlug.Schultes & Smith 1976, p. 22 Dit is oorspronklik gebruik op die vasteland van Europa en in Asië en die Arabiese wêreld,Joseph Perez, Janet Lloyd, The Spanish Inquisition, Yale University Press, 2006, , , p229 footnote 10] maar het in die Middeleeue na Engeland versprei.
Die gebruik van bilsekruid deur die antieke Grieke is aangeteken deur Plinius die ouere en Dioscorides. Die plant, wat Herba Apollinaris genoem is, is ook gebruik vir orakels deur die priesteresse van Apollo.
Die plant is ook blykbaar as 'n berokingsmiddel gebruik vir magiese doeleindes. Albertus Magnus sê in sy werk De Vegetalibus (1250) dat geestesbesweerders bilsekruid gebruik het om demone en die siele van afgestorwenes op te roep. In die Middeleeue is bilsekruid verbind met heksery en towerspel. Tydens 'n hekseryverhoor in 1538 in Pommere het 'n vermeende heks "erken" dat sy bilsekruidsaad aan 'n man gegee het sodat hy "mal" (seksueel opgewek) sou rondhardloop.
Bilsekruid is gebruik as 'n bestanddeel van gruit, wat tradisioneel in bier gebruik is as 'n smaakmiddel. Verskeie stede, soos Pilsen, is daarom na die kruid genoem. Bilsekruid is in die 11de tot 16de eeu met hops vervang in bier.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Dwelms Kategorie:Flora van Europa