thumbnail|upright=1.1|Detail van 'n man wat op sy maag lê terwyl 'n ander man 'n wapen op sy rug gebruik.
Die bloedarend was 'n metode om iemand tereg te stel volgens Oudnoorse poësie. Dit word twee keer genoem en in albei gevalle was die tereggestelde lid van 'n koninklike familie.
Die slagoffers is vooroor laat lê en hulle ribbes is van die ruggraat geskei met 'n skerp wapen. Hulle longe is dan deur die opening getrek om twee "vlerke" te vorm. Daar is 'n debat oor of die ritueel 'n letterkundige uitvinding was, die verkeerde vertaling van die oorspronklike teks of 'n ware historiese praktyk.
In die Verhaal van Ragnar se seuns word vertel hoe Ragnar Lodbrok se seun Ivar koning Aelle van Northumbria, wat Ragnar laat vermoor het, vang en vermoor:
Ook in die Noorse verhaal Knutsdrapa deur Sigvat Thordarson (omstreeks 1038) word die verhaal van die moord op Aelle deur Ivar vertel.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Noorse mitologie