Mississippi (Engels: State of Mississippi) is 'n deelstaat in die sogenaamde Diep Suide van die Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van drie miljoen. Mississippi is die 20ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Jackson is die hoofstad asook die grootste stad. Dit word in die noorde deur Tennessee, in die ooste deur Alabama, in die suide deur Louisiana en die Golf van Meksiko, en in die weste deur Arkansas en Louisiana begrens. Die Mississippirivier vorm 'n natuurlike grens in die weste.Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 16, bl. 371

links|duimnael|Die Mississippirivier duimnael|links|'n Sipressebos in 'n moeras langs die Mississippi In 2020 is besluit om die deelstaat se amptelike vlag te vervang. Die vorige ontwerp het nog die vlag van die Gekonfedereerde State vertoon wat deur baie as 'n simbool vir slawerny en rassediskriminasie beskou word.

Geskiedenis Die eerste Europese besoekers was die ekspedisie van Hernando de Soto wat probeer het om 'n nedersetting te stig tussen 1539 en 1542. Dit het egter misluk. Die volgende ekspedisie is gelei deur die Fransmanne Jacques Marquette en Louis Joliet; hulle het saam met die Mississippi afgevaar in 1673. Nege jaar later het die Chevalier de la Salle die hele Mississippivallei vir Frankryk geannekseer.

Kolonisasie aan die oostekant van die rivier het stadig geskied. Nedersettings is gestig by die hoogtes van Natchez, by die Yazoorivier en by die mond van die Pascagoularivier. Die hoofstad van Frans-Louisiana was by Biloxi van 1699 tot 1702 en weer van 1719 tot 1723. Daarna is dit oorgedra aan die nedersetting by New Orleans. Skemas van die Skote finansieerder John Law het gefaal met slegte gevolge vir die streek. Die Frans-Indiaanse oorlog (1754–1763) het ook ontwikkeling in die wiele gery.

Frankryk het hulle gebied aan die ooste van die Mississippi egter na die ondertekening van die Verdrag van Parys (1763) aan Engeland prysgegee.

Verwysings

Verdere leesstof Dennis J. Mitchell, A New History of Mississippi. Jackson, MS: University of Mississippi Press, 2014.

Eksterne skakels

Toerisme

Visit Mississippi Geskiedenis

Mississippi Historical Society