Bosnië en Herzegowina (Serwo-Kroaties: Bosna i Hercegovina / Босна и Херцеговина), afgekort as BiH (БиХ) of B&H; dikwels bekend as net Bosnië) is 'n land in Suidoos-Europa. Dit lê in die Balkan en grens in die ooste aan Serwië, in die suidooste aan Montenegro en in die noorde en suidweste aan Kroasië. In die suide het dit 'n smal kuslyn aan die Adriatiese See in die Middellandse See, wat sowat 20 km lank is en die dorp Neum omring.
duimnael|links|220px|Nasa-Satellietbeeld van Bosnië en Herzegowina in Desember 2002 duimnael|links|220px|Kaart van Bosnië en Herzegowina duimnael|links|220px|Topografiese kaart van Bosnië en Herzegowina Die streek Bosnië, die binnelandse streek van die land, het 'n gematigde kontinentale klimaat met warm somers en koue winters met sneeu. In die sentrale en oostelike streke is die land bergagtig, in die noordooste taamlik heuwelagtig en in die noordooste hoofsaaklik plat. Herzegowina, wat die kleiner, suidelike streek van die land is, het 'n Mediterreense klimaat en is hoofsaaklik bergagtig. Sarajevo is die hoofstad en die land se grootste stad, gevolg deur Banja Luka, Tuzla en Zenica.
Die gebied wat nou Bosnië en Herzegowina is, word al sedert die laat Paleolitikum bewoon, maar daar is bewyse dat permanente nedersettings in die Neolitikum hier gevestig is. Sedert die aankoms van die eerste Indo-Europeërs is die gebied bewoon deur verskeie Illiriese en Keltiese beskawings. Die voorouers van die Suid-Slawiese volke wat vandag daar woon, het van die 6de tot 9de eeu gearriveer. In die 12de eeu is die Banaat Bosnië gestig. Teen die 14de eeu het dit ontwikkel tot die Koninkryk Bosnië. In die middel 15de eeu is dit deur die Ottomaanse Ryk geannekseer, en dit het tot die laat 19de eeu deel van dié ryk gebly. Die Ottomane het Islam na die streek gebring en baie aan die land se kultuur en sosiale opset verander.
Vandag handhaaf die land 'n hoë geletterdheid, hoë lewensverwagting en hoë onderwysvlakke en is een van die lande wat die meeste besoek word in die streek. Bosnië en Herzegowina is op streeksvlak sowel as internasionaal bekend vir sy natuurlike skoonheid en kulturele erfenis, oorgeërf van ses historiese beskawings.
Die land is beroemd vir sy kookkuns, wintersport, eklektiese en unieke musiek, argitektuur en sy feeste, waarvan sommige die grootste en mees prominente van hul soort in suidoostelike Europa is.
Die land is die tuiste van drie etniese groepe, of amptelik, samestellende mense, 'n term wat uniek aan Bosnië en Herzegowina is. Bosniake is die grootste groep van die drie, met Serwiërs tweede en derde Kroate. Ongeag sy etnisiteit word enige burger van Bosnië en Herzegowina steeds as 'n Bosniër geïdentifiseer.
Van die belangrikste godsdienste is Soenni-Islam, Serwies-Ortodokse Kerk en Rooms-Katolieke Kerk. Saam met Albanië en Kosovo is Bosnië en Herzegowina een van min Europese lande waar Moslems 'n bevolkingsmeerderheid vorm.
Geografie Bosnië-Herzegowina lê in die weste van die Balkanskiereiland en bestaan hoofsaaklik uit berge en valleie. Oos lê Serwië, suidoos Montenegro en wes en noord is Kroasië. Dit is so te sê landgebonde, behalwe ’n gangetjie by Neum wat dit met die Adriatiese See verbind.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Geskiedenis Sarajevo, die destydse hoofstad van die deelrepubliek Sosialistiese Republiek Bosnië en Herzegowina, het in 1984 die XIVde Olimpiese Winterspele aangebied.
Die land was van 1918 tot 1991 deel van Joego-Slawië. In 1992 verklaar hy hom onafhanklik, maar word deur die Serwiese leër onder generaal Ratko Mladić binnegeval in ’n poging om die gebied van Kroate en Moslems te suiwer. ’n Bloedige volksmoord, sistematiese verkragting en die uitgerekte beleg van Sarajevo volg. In 1995 word vrede uiteindelik in Dayton, Ohio, gesluit. Twee substate word geskep, ’n Bosnies-Serwiese republiek en ’n Moslem-Kroatiese federasie, onder 'n nasionale president verenig.
Sport
Sokker is die gewildste sport in die hedendagse Bosnië en Herzegowina. Gedurende die 2000’s het die land se nasionale sokkerspan sy prestasies verbeter en twee keer vir die Wêreldbeker gekwalifiseer.
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Eksterne skakels