Kentucky (Engels: Commonwealth of Kentucky) is 'n deelstaat in die suide van die Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van 4,3 miljoen. Die hoofstad is Frankfort en die grootste stad is Louisville. Kentucky is die 15de deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Dit word in die noorde deur Indiana en Ohio, in die ooste deur Wes-Virginië en Virginië, in die suide deur Tennessee, en in die weste deur Illinois en Missouri begrens.

Bekendheid Kentucky is bekend vir volbloedperde, perdewedrenne, diepgebraaide hoender, distilleerderye van Amerikaanse whiskey, en blue grass-musiek.

Kentucky se bynaam is Bluegrass State.

Eksterne skakels Toerisme

Kentucky Tourism Geskiedenis

Kentucky Historical Society