Afrikaanse woorde is al in verskeie tale, onder andere Engels, opgeneem.

Britse Engels het primêr Afrikaanse woorde vanaf die Britse soldate opgeneem wat in die Boere oorloë geveg het. Verskeie ander Afrikaanse woorde is deur Engelssprekende Suid-Afrikaners aangeleer omdat Afrikaans en Engels dikwels in parallel gebruik word.

Internasionaal gebruik Die volgende Afrikaanse woorde word internasionaal gebruik: aardvark aardwolf Afrikaans apartheid blesbuck (blesbok) bontebok boomslang duiker eland gemsbok klipspringer kudu (koedoe) kommando laer (soos 'n laer van ossewaens trek) meerkat rand spoor (soos in spoorsny) springbok steenbuck (steenbok) trek veld wildebees

Daar is ook verskeie Engelse woorde wat van Kaaps-Hollands ('n voorloper van Afrikaans) afkomstig is:

hartebeest (moderne ekwivalent is hartebees) scoff (vanaf schoff, die woord word nie meer in moderne Afrikaans gebruik nie) veldt (moderne ekwivalent is veld) wildebeest (moderne ekwivalent is wildebees)

Algemeen in Suid-Afrika Daar is 'n verskeidenheid Afrikaanse leenwoorde in Suid-Afrikaanse Engels. Sommige van hulle sluit in:

bakkie (pickup truck) beskuit boere (polisie) biltong boerewors boerie (boereworsrol) braai (verkorting van braaivleis) dorp klap kraal lekker mielie mielepap pap stoep voetstoots

Sekere van die woorde word net losweg met Suid-Afrikaanse Engels geassosieer en beide die Afrikaanse en Engelse woorde word saam in dieselfde gesprek gebruik. Ander woorde is diep ingewortel. Die beste voorbeeld hiervan is moontlik voetstoots (wat beteken: net soos dit is) wat algemeen in Suid-Afrikaanse kontrakte en regsdokumente gebruik word.

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse woorde Afrikaanse woorde in Engels opgeneem