Nebraska (Engels: State of Nebraska) is 'n deelstaat in die midweste van die Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van rofweg 1,9 miljoen en met 'n oppervlakte van 200 520 vierkante kilometer. Dit is een van die deelstate wat in die Groot Vlaktes lê en waar landbou 'n belangrike rol in die ekonomiese lewe speel.
Nebraska word in die noorde deur Suid-Dakota, in die ooste deur Iowa en Missouri, in die suide deur Kansas en Colorado, en in die weste deur Wyoming begrens. Dit is die 37ste staat wat tot die Unie toegelaat is.
Nebraska se bynaam is Cornhuskers State. Die woord Nebraska is uit die Chiwere-taal afkomstig en beteken 'vlak water'. duimnael|links|Hengelsport op die North Platte River. Vier 19de eeuse pioniersroetes het by die rivier saamgeloop - die Oregon Trail, Mormon Trail, California Trail en die Pony Express Trail links|duimnael|Groot Vlaktes naby Kearney, Nebraska duimnael|links|Chimney Rock in Morrill County duimnael|links|Pioniersstandbeeld in Omaha duimnael|links|Front Street, Ogallala duimnael|links|The Little Church in Keystone word deur Protestantse en Rooms-Katolieke gemeentes gedeel duimnael|links|Omaha se Union Station, 'n Art Deco-treinstasie, huisves tans die Durham Museum wat in sy versamelings die geskiedenis van die Amerikaanse Weste behandel
Eksterne skakels Toerisme
Visit Nebraska Geskiedenis
Nebraska State Historical Society Foundation History Nebraska Ekonomie
Nebraska Department of Economic Development: Nebraska's Opportunity Economy