Alaska (Engels: [əˈlæskə], ; Russies: Аляска, Aljáska), amptelik die Deelstaat Alaska (State of Alaska), is 'n deelstaat van die Verenigde State aan die noordweskus van Noord-Amerika. Dit is die grootste deelstaat met 'n oppervlakte van 1 723 337 vierkante kilometer (wat gelykstaan aan byna 'n vyfde van die 49 ander deelstate se totale oppervlakte) – en die grootste skiereiland in die Westelike Halfrond. Alaska se hoofstad is Juneau en die grootste stedelike nedersetting is Anchorage. Die deelstaat word in die noorde deur die Arktiese Oseaan, in die ooste deur Kanada (Yukon en Brits-Columbië), in die suide deur die noordelike Stille Oseaan, en in die weste deur die Beringstraat begrens. Die bekendste byname, wat aan Alaska gegee is, is Die Laaste Landgrens (Engels: The Last Frontier) en Die Groot Land (The Great Land). Die naam Alaska is afgelei uit die Aleoetiese alaxsxaq ("die vasteland", of, volgens 'n meer presiese vertaling "die voorwerp waarop die see se handelinge gerig is"). Claus-M. Naske and Herman E. Slotnick: Alaska. A History of the 49th State. Sagteband-uitgawe. Norman: University of Oklahoma Press 1994, bl. 5

duimnael|links|Sanfordberg in die Wrangellberge duimnael|links|Anchorage, die grootste stedelike nedersetting in die deelstaat, op 'n koue Januariedag in 2008 duimnael|links|Die spoorwegmaatskappy Alaskan Railroad (ARR) bied ook spesiale toere vir toeriste aan soos treinuitstappies na die Spencer-gletser met die Glacier Discovery Train duimnael|links|Ketchikan, die vyfde mees bevolkte nedersetting in Alaska Die eerste Europeërs het Alaska eers in 1741 begin verken toe Russiese ekspedisies hier voet aan wal gesit het – en die eerste Europese naam aan die land gegee het: Bolsjaja Zemlja of "die Groot Land" – 'n Russiese benaming wat voortleef in die Engelse bynaam The Great Land. Al het Rusland vervolgens aanspraak gemaak op die mees noordelike deel van die Noord-Amerikaanse vasteland, was Alaska onder Russiese bewind nouliks meer as 'n buitepos vir klein groepe jagters en handelaars.

Ná die Krimoorlog (1853–1856) was Rusland se koffers leeg, terwyl ook die Russiese leër se slaankrag en vegvermoë in twyfel getrek moes word. Die Russiese kolonies in Noord-Amerika is as onverdedigbaar beskou, gegewe die aktiwiteite van ander groot koloniale moondhede soos die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State wat as mededingers in die gebied opgetree het. So was dit 'n maklike besluit vir die Russiese tsaar en sy raadgewers om die gebied op 30 Maart 1867 vir $7,2 miljoen (ongeveer twee sent per akker) aan die Verenigde State te verkoop. Ná die transaksie, wat deur die Staatsekretaris William H. Seward gehanteer is, is deur Amerikaanse media as Seward's Folly ("Seward se dwaasheid") verwys aangesien die ekonomiese waarde van die gebied destyds bevraagteken is.

Eers toe twee goudstormlope – in Juneau in 1880 en die Kanadese Yukon-gebied in 1897 – duisende delwers na Alaska laat stroom het, het die Amerikaanse publiek sy aandag op die noordelike besitting begin vestig. Die waarde van Alaska se jaarlikse goudontginning het van $800 000 in 1890 tot $9 miljoen in 1904 gestyg. Naske/Slotnick (1994), bl. 3 Die administratiewe insluiting by die Unie was 'n langdurige proses. Van 1906 af is Alaska deur 'n verteenwoordiger sonder stemreg in die Amerikaanse Kongres verteenwoordig. Ses jaar later het die Kongres met die Wet oor die Alaskagebied (Alaska Territory) die eerste territoriale wetgewende vergadering geskep wat uit 'n laerhuis en senaat bestaan het, met agt senatore en sestien verteenwoordigers (twee senatore en vier verteenwoordigers vir elkeen van die vier geregtelike distrikte waarin die gebied destyds onderverdeel is). 100 Years of Alaska's Legislature. Besoek op 24 Junie 2018

Maar eers in 1959 is die politieke aspirasies van sy bewoners vervul toe Alaska as 49ste deelstaat tot die Unie toegelaat is. Die Arktiese Sirkelroete tussen die Verenigde State en Asië was gedurende die Tweede Wêreldoorlog en die Koue Oorlog van groot strategiese belang. Die permanente stasionering van militêre personeel in Alaska het grootliks bygedra tot die deelstaat se vinnige bevolkingsgroei, terwyl sy ekonomie en infrastruktuur deur federale befondsing ontwikkel is. Die ekonomiese basis is verder verstewig met die ontsluiting van groot ruolie- en aardgasvelde.

Etimologie Die naam "Alaska" (Russies: Аля́ска, Aljáska) het in gebruik gekom tydens die Russiese koloniale tydperk, toe met dié naam na die Alaskaskiereiland verwys is. Dit is ontleen aan 'n Aleoetiese idioom, alaxsxaq, wat beteken "die vasteland" of, meer spesifiek, "die voorwerp waarop die see se handelinge gerig is". Ransom, J. Ellis. 1940. "Derivation of the Word 'Alaska'", American Anthropologist n.s., 42: bl. 550–551

Geskiedenis Voorkolonisasie duimnael|Die Beringlandbrug tydens die laaste glasiale tyd Voordat Europeërs Alaska bereik het, het verskeie inheemse volke die gebied reeds vir duisende jare bewoon. Taalkundige en DNS-studies wat hier gedoen is, het bewyse gelewer vir die bevolking van Noord-Amerika deur die Beringlandbrug. By die Upward Sun-rivierterrein in die Tanana-vallei in Alaska is die oorblyfsels van 'n ses weke oue baba gevind. Dié baba se DNS het getoon dat sy aan 'n bevolking behoort het wat geneties nie verwant was aan ander inheemse volke in die Nuwe Wêreld aan die einde van die Pleistoseen nie. Ben Potter, argeoloog by die Universiteit van Alaska Fairbanks, wat in 2013 die oorblyfsels by die Upward Sun-rivierterrein opgegrawe het, het hierdie nuwe groep Antieke Beringiërs genoem.

Die Tlingit-volk in die huidige suidooste van Alaska asook dele van Brits-Columbië en Yukon het 'n samelewing ontwikkel met 'n matrilineêre verwantskapstelsel van eiendomsvererwing en -afkoms. Die Haida, wat deesdae veral bekend is vir hul unieke kuns, bly ook in die suidooste van Alaska. Die Tsimshian het in 1887 Alaska uit Brits-Columbië bereik, toe president Grover Cleveland en later die Amerikaanse Kongres, hulle toestemming gegee het om hulle op Annette-eiland te vestig, waar hulle die stad Metlakatla gestig het. Al drie die inheemse volke asook ander langs die Stille Oseaan se Noordwestelike kus het van die laat 18de eeu tot die middel-19de eeu gebuk gegaan onder pokke-uitbrake, waarvan die mees verwoestende epidemieë in die 1830's en 1860's was, wat groot sterftes en sosiale ontwrigting tot gevolg het. Brian C. Hosmer, American Indians in the Marketplace: Persistence and Innovation among the Menominees and Metlakatlans, 1870–1920 (Lawrence, Kansas: University Press of Kansas, 1999), bl. 129–131, 200.

Kolonisasie duimnael|links|Die Russiese nedersetting St. Paul's Harbor (nou Kodiakstad), Kodiakeiland in 1814 duimnael|Die Russiese koloniale tydperk het ook in Alaska se omgangstaal enkele spore gelaat. So word na tradisionele draagbare Aleoetiese kajakke, wat van dierhuide gemaak word, verwys as baidarka (met alternatiewe spellings soos bidarka of bidarkee). Baidarka is die Russiese term vir 'n dierhuidboot duimnael|links|Myners en prospekteerders klim die Chilkoot-roete tydens die Klondike-goudstormloop in 1898 duimnael|Toe die Amerikaners Russies-Amerika of Alaska in 1867 gekoop het, het hulle per tjek betaal. In Rusland en die Sowjetunie is later die mite versprei dat die Verenigde State slegs 'n pagkontrak oor 100 jaar sou aangegaan het met Rusland – 'n wanopvatting wat vir generasies van Sowjet-Russiese kinders ook ingang tot skoolboeke gevind het Party navorsers is van mening dat in die 17de eeu die eerste Russiese nedersetting in Alaska gestig is. Свердлов Л. М. Русское поселение на Аляске в XVII в.? "Природа". М., 1992. No. 4. С.67–69. Volgens hierdie hipotese het in 1648 'n aantal Kotsj van Semjon Dezjnjof se ekspedisie tydens 'n storm in Alaska voet aan wal gesit en dié nedersetting gestig. Hierdie hipotese steun op die Tsjoektsjen-geograaf Nikolai Daurkin se getuienis, wat Alaska in 1764–1765 besoek en oor 'n dorp aan die Kheuveren-rivier, bewoon deur "bebaarde mans" wat "ikone aanbid", berig het. Van die moderne navorsers identifiseer Kheuveren as die Koyuk-rivier.

Algemeen word die St. Gabriel onder bevel van die landmeter M. S. Gwozdef en sy assistent-navigeerder I. Fjodorof as die eerste Europese skip beskou wat tydens die ekspedisie van die Siberiese kosak A. F. Sjestakof en die Russiese verkenner Dmitri Pawlutsky (1729–1735) op 21 Augustus 1732 Alaska bereik het. Аронов В. Н. Патриарх Камчатского мореходства. // "Вопросы истории рыбной промышленности Камчатки": Историко-краеведческий сб.—Вып. 3.—2000. Вахрин С. Покорители великого океана. Петроп.-Камч.: Камштат, 1993. In 1741 het 'n ander Europeër kontak gemaak met Alaska, toe Vitus Bering 'n ekspedisie gelei het vir die Russiese Vloot op die St. Peter. Nadat sy bemanning na Rusland teruggekeer het met see-ottervelle wat as die beste pels ter wêreld beskou is, het klein verenigings pelshandelaars van die Siberiese kus na die Aleoete-eilande begin seil. In 1784 is die eerste permanente Europese nedersetting gestig.

Tussen 1774 en 1800 het Spanje verskeie ekspedisies na Alaska gestuur om sy aanspraak op die Stille Oseaan se noordoostelike kus te beklemtoon. In 1789 is 'n Spaanse nedersetting en vesting in Nootka-sund opgerig. Tydens dié ekspedisies het plekke soos Valdez, Bucareli-sund en Cordova hul name verkry. Gedurende die vroeë tot middel-19de eeu het die Russies-Amerikaanse Maatskappy 'n uitgebreide kolonisasieprogram van stapel gestuur. Sitka, van 1804 tot 1867 hernoem in Nieu-Archangel, op Baranof-eiland in die Alexander-argipel van die huidige Suidoos-Alaska, het die hoofstad van Russies-Amerika geword. Dit sou die hoofstad bly tot en met die verkoop aan die Verenigde State. Die Russe het Alaska nooit volledig gekoloniseer nie en dié kolonie was nooit baie winsgewend nie. Bewyse van die Russiese vestiging het regdeur Suidoos-Alaska in name en kerke tot vandag toe bewaar gebly.

In 1867 het William H. Seward, die Amerikaanse Staatsekretaris onder president Andrew Johnson, die Alaska-verkoop (destyds Seward's Folly genoem, "Seward se dwaasheid") met die Russe ter waarde van $7,2 miljioen onderhandel.Doyle, Don H. (2024). The Age of Reconstruction: How Lincoln's New Birth of Freedom Remade the World. Princeton & Oxford: Princeton University Press, bl. 99-120. Die Russiese keiser Aleksander II het dié verkoop ook beplan. Die verkoop is op 30 Maart 1867 volstrek. Ses maande later het die kommissarisse in Sitka aangekom en die formele oordrag is gereël; op 18 Oktober 1867 het die formele vlagseremonie plaasgevind op Fort Sitka. In dié seremonie het 250 geüniformeerde Amerikaanse soldate na die goewerneur se huis by "Castle Hill" gemarsjeer, waar die Russiese troepe die Russiese vlag gestryk het en die Amerikaanse vlag gehys is. Dié gebeurtenis word jaarliks op Alaskadag herdenk, 'n openbare vakansiedag op 18 Oktober.

Alaska is aanvanklik losweg deur die weermag beheer en van 1884 af geadministreer as 'n distrik met 'n goewerneur wat deur die Amerikaanse president benoem is. 'n Federale distrikshof was in Sitka gesetel. Gedurende die eerste dekade onder Amerikaanse beheer was Sitka die enigste nedersetting wat deur Amerikaanse setlaars bewoon is. Hulle het 'n "voorlopige stadsregering" georganiseer, wat Alaska se eerste munisipale regering was, maar nie in 'n wetlike sin nie. Die wettige inkorporasie van nedersettings in Alaska as stede was eers van 1900 af moontlik, terwyl tuisregering vir stede eers ná staatskap in 1959 moontlik was.

Amerikaanse gebiedsinkorporasie duimnael|links|Goud! duimnael|Amerikaanse troepe navigeer deur sneeu en ys tydens die Slag om Attu in Mei 1943 duimnael|links|Die museumdorp in die Klondike Gold Rush National Historic Park in Skagway verduidelik hoe die staatskas weer gevul is