Victor III was die 158ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Victor III is gebore as Victor Daufari (ook Desiderius van Monte Cassino) ongeveer in 1027 in Benevento, Italië die seun van Landulf V van Benevento."Blessed Victor III." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 4 Julie 2008 <http://www.britannica.com/EBchecked/topic/627540/Blessed-Victor-III> Voor sy verkiesing was hy ab van die Monte Cassino klooster vanaf 1058 toe hy Pous Stefanus IX daar opgevolg het. In 1059 word hy kardinaal-priester van Sint Cecilia gewy deur Pous Nicolaas II. Hy laat die groot basiliek van Monte Cassino bou wat op 1 Oktober 1071 deur Pous Alexander II ingewy word. Reeds in 1059 oorreed hy Robert Guiscard en Richard van Capua om aan die pous onderhorig te word. Op 24 Mei 1086 volg hy Pous Gregorius VII op en regeer tot sy dood op 16 September 1087. Hy word opgevolg deur Pous Urbanus II. Die naam ‘Victor’ beteken 'oorwinnaar'.
Pontifikaat Pous Victor III volg in die voetspore van sy voorganger Pous Gregorius VII. Weens sy swak gesondheid het hy as pous minder vermag as tydens sy voorafgaande loopbaan. Hy kon nie in Rome bly nie weens keiser Hendrik IV se ondersteuning van Teenpous Clemens III. Hy bly die meeste van die tyd van sy pontifikaat in Monte Cassino. Hy verbied leke-investituur en hef die ban teen keiser Hendrik IV nie op nie. Hy organiseer 'n veldtog teen die Sarasene in Noord-Afrika en verower El Mahadia in Oos-Tunisië op 5 Augustus 1087. Ook in Augustus 1087 hou hy 'n sinode in Benevento waar hy Hugo van Die, aartsbiskop van Lyon en ab Richard van Marseille as ketters veroordeel en Teenpous Clemens III ekskommunikeer.
Verering Op 23 Julie 1887 word Pous Victor III salig verklaar deur Pous Leo XIII, sy feesdag is 16 September.
Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Verwysings
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Kategorie:Geboortes in 1027 Victor III Victor III Kategorie:Sterftes in 1087