Seattle 280px Kaart Wapen 180px|center 75px|center Vlag 90px|center Land Deelstaat 20px Washington Administratiewe distrik (county) King County Koördinate Gestig op 14 Januarie 1865 Geïnkorporeer op 2 September 1869 Oppervlak: - Totaal 369,2 vk km Hoogte bo seevlak 0-158 m Bevolking: - Totaal (2019) 753 675 - Bevolkingsdigtheid 2 017,7/vk km - Metropolitaanse gebied 3 407 848 Tydsone PST (UTC -8) - Somertyd PDT (UTC -7) Klimaat - Tipe Gematigde seeklimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 10,6 °C - Gem. temp. Januarie/Julie 3,4 / 18,1 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 984 mm Burgemeester Jenny Durkan (D) Amptelike webwerf www.seattle.gov
Seattle is die 23ste grootste stad in die Verenigde State van Amerika en die grootste stad in die deelstaat Washington met 'n bevolking van meer as 700 000 (sy inwoners word in Engels Seattleites genoem), geleë aan die Puget Sound-seestraat in die Pasifiese Noordweste. Die stad word omring deur water, bergpieke en immergroen bosse. Parke en ander groen ruimtes in die stadsgebied beslaan 'n oppervlakte van duisende hektaar.
duimnael|links|'n Lugfoto van Lake Union, 'n varswatermeer in die stadsgebied wat deel uitmaak van die Lake Washington Ship Canal Baie groot ondernemings uit die tegnologiebedryf het hulle hoofkwartiere in Seattle en sy metropolitaanse gebied, waaronder Microsoft en Amazon. Die futuristiese Space Needle ("Ruimtenaald"), 'n uitsig- en restauranttoring met 'n hoogte van 184 meter wat ter geleentheid van die wêreldtentoonstelling van 1962, die Century 21 Exposition, opgerig is, is die bekendste baken van Seattle met jaarliks een miljoen besoekers. Die toring is in 2018 gerenoveer. spaceneedle.com: About the Renovation. Besoek op 7 Mei 2020
Ekonomie Van die grootste vervaardingingsaanlegte van Boeing se vliegtuie in net buite Seattle geleë.
Dit is die geboorteplek van Grunge Musiek, Starbucks en Amazon.com.
Vervoer Lughawe Die meeste nasionale en internasionale besoekers kom by die Sea-Tac International Airport aan wat 14 myl suid van Seattle geleë is en sedert sy opening in 1944 die metropolitaanse gebied van Seattle en Tacoma bedien. 'n Openbare vervoerdiens na die middestad word deur Link Light Rail verskaf. Die rit neem sowat veertig minute.
Daar is nog twee kleiner lughawens in die omgewing. King County Internasionale lughawe, ook bekend as Boeing Field, en vyf myl suid van die middestad geleë, was tot 1944 Seattle se hooflughawe. Tans word dit deur kleiner lugrederye soos Kenmore Air bedien wat vlugte na bestemmings in ander dele van Washington bied, terwyl lugvrag ook hier gehanteer word.
Paine Field, noord van Seattle in Everett geleë, is 'n klein lughawe vir privaatvliegtuie. Dit word ook deur 'n nabygeleë aanleg van die vliegtuigvervaardiger Boeing gebruik.
Sport Seattle was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026.
Sien ook Kougommuur Universiteit van Washington
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Washington