Roeslana Stepaniwna Lizjitsjko (Oekraïns: Руслана Степанівна Лижичко; gebore 24 Mei 1973, Lwif), bekend as Roeslana of Ruslana, is 'n Oekraïense sangeres, danseres, musiekvervaardiger, komponis en politikus. Sy is 'n wenner van die World Music Awards en die Europese musiekkompetisie Eurovision 2004. Van haar musiek is gebaseer op die kultuur van die Hoetsoels, 'n bergvolk van die Karpate.

Diskografie Мить весни. Дзвінкий вітер (Afrikaans: Die oomblik van die lente, 1996) Останнє різдво 90-x (Afrikaans: Die Finale Kersfees van 1990's, 1999) Найкраще (Afrikaans: Die Beste) (2001) Добрий вечір, тобі… (Afrikaans: Goeie naand, 2002) Дикі Танці (Afrikaans: Wilde Danse, 2003) Wild Dances (in Engels, 2004) Wild Dances (New Year Edition) (2005) Wild. Club'in (2005) Амазонка (Afrikaans: Die Amasone, 2008) Wild Energy (in Engels, 2008) My Boo! (Together!) (in Engels, 2013)

Eksterne skakels Amptelike webwerf YouTube-kanaal fanclub.ruslana.ua RuslanaTV Ruslana — the best of Eurovision

Kategorie:Oekraïense musici Kategorie:Oekraïense politici Kategorie:Oekraïense sangers Kategorie:Dansers Kategorie:Komponiste Kategorie:Vervaardigers Kategorie:Eurovision-sangfeeswenners Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Lewende mense