Lughawe Dong Hoi (Viëtnamees: Sân bay Đồng Hới of Cảng hàng không Đồng Hới) is 'n lughawe in Viëtnam. Die lughawe lê 6 km noord van Dong Hoi, in die provinsie Quang Binh en is die tuiste van die Viëtnamese lugredery, Vietnam Airlines.
duimnael|links|Lughawe Dong Hoi Die lugawe was in die 1930's deur die Franse kolonialiste gebou om tydens die eerste Indo-Chineese oorlog te gebruik, en is later deur Noord-Viëtnam opgegradeer as lugbasis vir die Viëtnamese oorlog. Op 30 September 2004 is begin met 'n herkonstruksie van die lughawe wat tot 2006 sou duur, maar die lughawe is eers op 18 Mei 2008 in gebruik geneem met die eerste vlug vanaf Hanoi se Noi Bai Internasionale lughawe.
Verwysing
Eksterne skakels Opening van die Dong Hoi lughawe.
Dong Hoi Kategorie:Quang Binh