Missouri (Engels: State of Missouri) is 'n deelstaat in die midweste van die Verenigde State met 'n bevolking van 6,1 miljoen. Die hoofstad is Jefferson City en die grootste stad is Kansas City. St. Louis is die grootste metropolitaanse gebied.
Missouri is die 24ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Missouri word in die noorde deur Iowa, in die ooste deur Illinois en Kentucky, in die suide deur Arkansas, en in die weste deur Kansas en Nebraska begrens.
Missouri se bynaam is The Show-Me-State.
Eksterne skakels Toerisme
Visit Missouri Geskiedenis
The State Historical Society of Missouri