Islay (; , ) is 'n Skotse eiland en is die mees suidelike eiland van die Binne-Hebride. Dit staan ook as "Die Koningin van die Hebride" (The Queen of the Hebrides of Banrìgh nan Eilean) bekend. Dit is in Argyll, net wes van Jura en omtrent 25 myl noord van die Ierse kus, wat op 'n helder dag van die eiland af sigbaar is. 'n Boorling van Islay word 'n Ìleach, uitgespreek , genoem en die meervoud is Ìlich: Skots-Gaelies is in 1991 nog deur 'n derde van die eilandbevolking gepraat.www.scotland.gov.uk: Boost for Islay Gaelic centre, 11 September 2009 Die eiland se hoofstad is Bowmore, bekend vir sy whiskystokery en kenmerkende ronde Kilarrow Parish Church. Port Ellen is die grootste nedersetting.
Islay is die vyfde grootste Skotse eiland en die sesde grootste eiland om Brittanje.
Islay het net meer as drieduisend inwoners. Dit het 'n oppervlak van net meer as 600 vierkantkilometer. Die eiland se hoof nywerhede is moutwhiskystokery, en toerisme wat grootliks gegrond is op whisky en voëlkyk.
Die eiland is die tuiste van talle voëlspesies en is die hele jaar 'n gewilde bestemming, vernaamlik in Februarie om 'n groot kolonie witwangganse te sien. Voëls plaaslik aan die eiland sluit in alpekraai (Pyrrhocorax pyrrhocorax), vleivalk (Circus cyaneus), bonttobie, witborskormorant en talle steltlopers.
Islay se klimaat is baie keer meer gematig as dié van die Skotse vasteland as gevolg van die Golfstroom.
Verwysings
Kategorie:Hebride