Muriel Spark (1 Februarie 1918 – 13 April 2006) was 'n vooraanstaande Skotse romanskrywer.
Biografie Sy is gebore in Edinburg en genoem Muriel Sarah Camberg. Na hoërskool neem sy 'n kursus in sakekorrespondensie en précis-skryfwerk, gee Engels by 'n kollege vir 'n kort periode en werk daarna as 'n sekretaresse by 'n winkel.
Sy trou op 3 September 1937 met Sidney Oswald Spark en trek na Rhodesië (tans Zimbabwe). In 1940 los sy haar seun Robin - gebore in Julie 1938 - by haar man en keer in 1944 na Engeland terug. Sy het nooit weer 'n gesonde verhouding met haar seun gehad nie. Sy werk vir die Britse intelligensie tydens die Tweede Wêreldoorlog. Haar loopbaan as skrywer begin na die oorlog, en veral nadat sy tot die Rooms-Katolieke geloof bekeer het. Sy trek na New York Stad vir 'n rukkie, en daarna na Rome, waar sy die kunstenaar en beeldhouer Penelope Jardine ontmoet in 1968. Hulle gaan bly in die Toskane, in die dorpie Civitella della Chiana tot met haar dood. Sy kry ereburgerskap van die dorpie in 2005.
Verkorte bibliografie The Comforters - 1957 Memento Mori - 1959 The Prime of Miss Jean Brodie - 1961 The Mandelbaum Gate - 1965 The Driver's Seat - 1970 The Abbess of Crewe - 1974 Symposium - 1991 The Finishing School - 2004
Bron Verkort en vertaal vanaf Muriel Spark op die Engelse Wikipedia.
Eksterne skakels Guardian-doodsberig
Kategorie:Skotse digters Kategorie:Skotse skrywers Kategorie:Geboortes in 1918 Kategorie:Sterftes in 2006