Thomas Edward "Thom" Yorke (gebore 17 Oktober 1968 in Wellingborough, Northamptonshire, Engeland) is meestal bekend as die hoofsanger van die musiekgroep Radiohead. Hy het ook as solo kunstenaar 'n CD genaamd "The Eraser" in Julie 2006 vrygestel. Die CD is sterk deur elektroniese musiek beïnvloed. Hy bespeel talle instrumente, meestal elektriese of akoestiese kitaar en klavier en ander klawerinstrumente, maar het ook al baskitaar en tromme gespeel vir Radiohead.

Bronne Hierdie teks is 'n gedeeltelike vertaling vanuit hierdie Wikipedia-artikel .

Kategorie:Engelse sangers Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Lewende mense