Hartbeespoort (ook bekend as Harties) is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika, geleë tussen die Magaliesberg en die oewers van Hartbeespoortdam. Die dorp se naam verwys na rooihartbeeste wat vroeër deur die omgewing se natuurlike poort gehardloop het.

Hartbeespoort is deel van die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit, wat ook die nabygeleë dorp Brits insluit.

Die oudste uitbreiding van die dorp is Schoemansville, vernoem na Generaal Hendrik Schoeman van die Zuid-Afrikaansche Republiek.

Toerisme Die dorp bestaan hoofsaaklik uit vakansiehuise om die dam omdat dit gewild is by besoekers van die nabygeleë Gautengprovinsie. Die "Om-die-dam" ultramarathon van 50 km word jaarliks hier gehou gedurende die eerste helfte van die jaar. duimnael|links|280px|Uitvloeikanaal onder die damwal. Van die hooftoeristeaantreklikhede in en om die dorp sluit in: Die Hartbeespoortdamwal en -tonnel Die Hartbeespoortdamslangpark Die Hartbeespoortdamakwarium Die Lesedi kultuurdorpie Hartieskabelkar (die langste enkelkabelspoor in Afrika) Die Transvaal Seiljagklub

Sien ook Hartbeespoortdam Lys van dorpe in Suid-Afrika

Eksterne skakels Hartbeespoort se plaaslike aanlyn gemeenskapskoerant Bemarkingswerf vir die Hartbeespoortdam-area Die "Om die Dam"-ultramarathon

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Noordwes