Verkeerdevlei is 'n klein dorpie in die Vrystaat, Suid-Afrika. Die dorp is vernoem na 'n stroom wat in die teenoorgestelde rigting van die ander strome in die area vloei. Die nedersetting is ongeveer 8 km oos van die N1-nasionale pad op die R703-streeksroete. Die tolhek naby Verkeerdevlei op die N1-nasionale pad is na die dorpie genoem. Oos van Verkeerdevlei op die R703-pad is die dorpie Excelsior.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Tshepong
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat