Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Vir die dorp in Namibië, sien Warmbad, Namibië.

duimnael|links|260px|Swembad en geriewe by Bela-Bela se vakansieoord.

Bela-Bela (voormalig Warmbad, Engels: Warmbaths) is 'n dorp wat in die geotermiese warmwaterbronne van die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika geleë is. Bela-Bela beteken in Tshwana die pot wat kook. Dit produseer 22 000 liter water per uur teen 50 °C. Dit is deur Tswanastamme ontdek wat in die vroeë 1800's in die gebied inbeweeg het. In 1873 het die Transvaalse regering die grond gekoop om 'n vakansieoord by die fonteine te bou en dit Warmbad genoem.

Daar woon ongeveer 45 000 mense. Die N1 nasionale pad gaan oos van Bela-Bela verby. Die naam van die dorp is in 2002 amptelik gewysig na Bela-Bela.

Distrik Die distrik, wat in 1950 geproklameer is, is 5 800 km2 groot. Die belangrikste gewasse is mielies, grondbone, sorghum en koring. Die koring word onder besproeiing uit die Rust de Winterdam verbou. Daar word ook met beeste, skape en varke geboer. Tin word by Rooiberg ontgin, sowat 55 km wes van Bela-Bela. Daar is ook 'n blokhuis wat tot 'n nasionale monument verklaar is.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Lys van warmwaterbronne van Suid-Afrika

Verwysings

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. .

Kategorie:Nedersettings in Limpopo Kategorie:Vakansieoorde