regs|300px|Australiese Herdershond Die Australiese herdershond is 'n honderas wat as 'n werkshond geklassifiseer word en op plase in die Westelike gedeeltes van die Verenigde State van Amerika geteel is. Ondanks die naam, ook bekend as 'n Aussie, het die ras nie sy oorsprong in Australië nie. Hulle het hul naam te danke aan die vereenselwiging met die Australiese skaapherders wat na Amerika verhuis het.
Australiese herdershonde het vinnig gewild geword na die groei van Western Riding na die Eerste Wêreldoorlog. Hulle het bekendheid verwerf deur rodeo's, perdeskoue en deur Disney-rolprente wat vir televisie gemaak is.
Dekades lank is hierdie honde deur herders waardeer vir hulle inherente veelsydigheid en opleibaarheid. Ondangs die feit dat hulle bly werk as herdershonde en in herderskompetisies deelneem, het die ras ook aansien verwerf in ander rolle, te danke aan hulle opleibaarheid en begerigheid om te behaag. Hulle besit hoë aansien vir hulle vermoëns in gehoorsaamheidstoetse.
Soos alle werksrasse, het hierdie honde heelwat energie en dryfkrag en benodig gewoonlik 'n werk om te doen. Aussies blink gereeld uit in hondesporte soos honderatsheid ( agility), vliegbal ( flyball) en honde-frisbee. Hulle is ook baie suksesvol as soek-en-red-honde, ramphonde, snuffelhonde, gidshonde, dienshonde en terapiehonde.
Bowenal is hulle geliefde familiegenote. Aussies kan baie beskermend wees en mag dalk nie van vreemdelinge hou nie. Hulle sal ook probeer om as herder op te tree teenoor enige iets wat beweeg, insluitend mense en alle ander tipes diere.
Verwysings
Rasboeke
Australian Shepherd Books and Videos
Eksterne skakels
Rasklubs Canadian National Australian Shepherd Association Australian Shepherd Club of America (ASCA) United States Australian Shepherd Club Western European Working Australian Shepherd Club National Australian Shepherd Association Australian Shepherd Club of Victoria Inc. Australian Shepherd Association of New South Wales Australian Shepherd Club of New England
Inligting Opvoedkundige Webruimte wat die Werksstyl van die Australiese Herdershond beskryf United States Australian Shepherd Foundation Australian Shepherd Health and Genetics Institute Historiese Fotos Ras oorsprong en Geskiedenis ASCA Geskiedenis Australian Shepherd Genealogiese Kaart 'n Blik op die Australiese Herdershond Geskiedenis Australiese Herdershond Versorging Australian Shepherd Homozygous "Lethal White" Merles Australiese Herdershond Inligting Bladsy
Rasreddingsgroepe (honde vir aanneming) Aussie Rescue & Placement Helpline Northeast ARPH Gids van Aussie Reddingsorganisasies
Kategorie:Honde