duimnael|Voorblad van die 1940-uitgawe van die FAK-sangbundel. duimnael|Uittreksel uit die F.A.K-Volksangbundel vir Suid-Afrika.

Die FAK-sangbundel, aanvanklik genoem die F.A.K.-volksangbundel vir Suid-Afrika, is 'n sangbundel wat Afrikaanse volksmusiek bevat en deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) uitgegee word. Die eerste weergawe het in 1937 sy verskyning gemaak en word beskou as die mees omvattende versameling Afrikaanse lirieke met bladmusiek. Dit dien as verwysingswerk vir ’n groot aantal kulturele organisasies (soos die Voortrekkers en jeugkampe), koormeesters en ook skole.

Liedjies Van die populêre liedjies in die FAK-sangbundel sluit in: As Julle dalk 'n Vleisie Braai Al die Veld is Vrolik Die blou Berg Die Stem van Suid-Afrika Daar kom die Alibama Daar's 'n lief ou Hartbeeshuisie Ek hou van jou, vaal ou Karooland Franschoek Vallei is enig Griet, My Skat, en weet Jy wat Hasie in die Bossie In die stilte van My Tuin Jy met Jou Mandolientjie Kinders, moenie in die Water mors nie Liefste Tannie ons bring Rosies Magaliesburgse Aandlied My hartjie, my liefie Nooi van die Velde Ou Paddatjie kom aangespring Pikaninie Wiegelied Die Roos Siembamba Trekliedjie As die Oproep Weerklink Marietjie, Maraia, Maryne

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaans Kategorie:Afrikaanse volksmusiek