Die Byl is 'n misdaadreeks wat in Kaapstad afspeel in 'n fiktiewe elite-eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se afdeling vir geweldsmisdaad.
Die reeks word op KykNET, DStv kanaal 144 uitgesaai asook op Showmax.
Reeks 1, 3, 5 en 6 was Dinsdagaande om 20h00 op KykNET uitgesaai.
Reeks 2 en 4 was Sondagaande om 20h00 op KykNET uitgesaai.
In Januarie 2025 kondig kykNET aan dat seisoen 6 die laaste sal wees.
Reekse
Storielyn Die eenheid spesialiseer in die ondersoek van reeksmoorde en word aangevoer deur Van der Bijl, 'n oud-moord-en-roof-speurder wat roem verwerf het vir sy hantering van verskeie hoëprofielsake. Elke episode fokus op 'n reeksmoordenaar. Die hoofkarakter, Kolonel Piet van der Bijl, ook bekend as Die Byl, is losweg geskoei op die bekende oudspeurder Piet Byleveld wat ook die produksiespan, teksskrywers en van die akteurs as tegniese adviseur bygestaan het om die fiktiewe eenheid meer geloofwaardig te maak.
Rolverdeling
Waldemar Schultz as kolonel Piet van der Bijl Milan Murray as adv. Nicolene Swanepoel Eric Nobbs as dr. Fritz Barnard Trudy van Rooy as dr. Shani Smit Lika Berning as kaptein Lena Evans Marvin-Lee Beukes as kaptein Juan Stuurman Tertius Meintjes as generaal Neels van As Barbara-Marie Immelman as Ellie Bonthuys
Episodes
Reeks 1 (2016)
Reeks 2 (2020)
Reeks 3 (2021)
Reeks 4 (2022)
Reeks 5 (2024)
Reeks 6 (2025)