Op 24 Februarie 2022 het Rusland Oekraïne binnegeval, en dit het die grootste en dodelikste oorlog in Europa sedert die Tweede Wêreldoorlog geword. Dit was as gevolg van ’n groot eskalasie van die bestaande oorlog tussen die twee lande wat begin het toe Rusland Oekraïne in 2014 aangeval het. Die gevegte het honderdduisende militêre ongevalle en tienduisende Oekraïense burgerlike ongevalle veroorsaak. Teen Augustus 2026 het Rusland sowat 20% van Oekraïne beset. Van ’n bevolking van 41 miljoen is ongeveer 8 miljoen Oekraïners intern ontheem en 6-7 miljoen het uit die land gevlug. Dit het Europa se grootste vlugtelingkrisis sedert die Tweede Wêreldoorlog veroorsaak.

Aan die einde van 2021 het Rusland troepe naby Oekraïne se grense saamgetrek en eise aan die Weste gestel, onder meer ’n verbod op enige toekomstige toetrede van Oekraïne tot Navo. Nadat hy herhaaldelik ontken het dat daar planne was om Oekraïne aan te val, het die Russiese president, Wladimir Poetin, op 24 Februarie 2022 ’n "spesiale militêre operasie" aangekondig en gesê dit is bedoel om die Russies gesteunde wegbreekrepublieke Donetsk en Loehansk te ondersteun, waarvan paramilitêre magte sedert 2014 teen Oekraïne in die Donbasoorlog geveg het. Poetin het irredentistiese'n Beweging vir die inlywing van "onbevryde" gebiede by die stamland. en imperialistiese standpunte gehuldig wat Oekraïne se wettigheid as staat bevraagteken. Hy het sonder bewyse beweer die Oekraïense regering bestaan uit neo-Nazi’s wat volksmoord teen die Russiese minderheid in die Donbas pleeg en dat Rusland se doel was om Oekraïne te "demilitariseer en te denasionaliseer". Russiese lugaanvalle en ’n grondinval is aan ’n noordelike front uit Belarus in die rigting van die hoofstad, Kijif, geloods; aan ’n suidelike front uit die besette Krim; en aan ’n oostelike front uit die Donbas in die rigting van Charkif. Oekraïne het die krygswet afgekondig, ’n algemene mobilisering gelas en diplomatieke betrekkinge met Rusland verbreek.

Russiese troepe het teen April 2022 uit die noorde en die buitewyke van Kijif teruggetrek nadat hulle op hewige weerstand en logistieke uitdagings afgekom het. Die Boetsja-slagting is ná hulle onttrekking ontdek. Rusland het ’n offensief in die Donbas van stapel gestuur en Marioepol ná ’n verwoestende beleg ingeneem. Rusland het voortgegaan om militêre en burgerlike teikens ver van die front af te bombardeer en het in die winter Oekraïne se energienetwerk aangeval. Aan die einde van 2022 het Oekraïne suksesvolle teenoffensiewe in die suide en ooste geloods en die grootste deel van Charkif-oblast bevry. Kort daarna het Rusland vier gedeeltelik besette provinsies (Donetsk, Cherson, Loehansk en Zaporizjzja-oblast) onwettig geannekseer. In November het Oekraïne die stad Cherson en die hele gebied wes van die Dniprorivier bevry. Ná klein maar bestendige Russiese vorderings in die ooste in die eerste helfte van 2024 het Oekraïne in Augustus ’n offensief in Rusland se Koersk-oblast geloods, waar Noord-Koreaanse soldate gestuur is om Rusland te help.

Die menseregtekantoor van die Verenigde Nasies berig Rusland het ernstige menseregteskendings in die besette Oekraïne gepleeg. Rusland se aanvalle op burgerlikes, sowel as sy beleid in besette gebiede, het gelei tot bewerings van volksmoord. Die direkte koste van die oorlog vir Rusland is op meer as $450 miljard geraam, terwyl die Wêreldbankgroep die koste van heropbou in Oekraïne op $588 miljard raam.

Die Russiese inval het internasionale veroordeling ontlok. Baie lande het sanksies teen Rusland en sy bondgenoot Belarus ingestel, terwyl hulle humanitêre en militêre hulp aan Oekraïne verskaf het. Betogings het oor die hele wêreld plaasgevind. Binne sy grense het Rusland betogers met massainhegtenisnemings en strenger mediasensuur beveg. Oorlogverwante ontwrigting van Oekraïense landbou en skeepvaart het die wêreldwye voedselkrisis vererger; oorlogverwante skade is as die "vernietiging van die omgewing" beskryf. Die Internasionale Strafhof (ICC) het ’n ondersoek na misdade teen die mensdom, oorlogsmisdade, die ontvoering van Oekraïense kinders en volksmoord teen Oekraïners begin. Die ICC het lasbriewe vir die inhegtenisneming van Poetin en vyf ander Russiese amptenare uitgereik. Vredesonderhandelings het tot stilstand gekom, en Rusland het herhaaldelik oproepe om ’n wapenstilstand van die hand gewys.

Agtergrond Tyd ná die Sowjetunie en die Oranje Rewolusie Ná die ontbinding van die Sowjetunie in 1991 het Rusland en Oekraïne noue bande behou. In 1994 het Oekraïne ingestem om weg te doen met sy kernarsenaal en die Boedapest-memorandum te onderteken op voorwaarde dat Rusland, Brittanje en die VSA versekering sou verskaf teen geweldsbedreigings van sy territoriale integriteit en vir sy politieke onafhanklikheid. Vyf jaar later was Rusland een van die ondertekenaars van die Manifes vir Europese Sekuriteit, wat "die inherente reg van elke deelnemende staat herbevestig het om vry te wees om sy sekuriteitsmaatreëls te kies of verander, insluitende verdrae van bondsgenootskappe, soos wat dit ontwikkel".

In 2004 is Wiktor Janoekowitsj, toe die eerste minister, verklaar as wenner van die presidentsverkiesing, waarin 'n groot knoeiery volgens die hooggeregshof van Oekraïne plaasgevind het. Die uitslag het 'n groot openbare reaksie en steun ontlok vir die opposisiekandidaat, Wiktor Joesjtsjenko, wat die uitslag bevraagteken het. In die oproerige maande van die rewolusie het kandidaat Joesjtsjenko skielik ernstig siek geword, en verskillende onafhanklike doktersgroepe het bevind hy is met dioksien (TCDD) vegiftig. Joesjtsjenko het Russiese betrokkenheid sterk vermoed. Dit alles het eindelik tot die vreedsame Oranje Rewolusie gelei wat Joesjtsjenko en Joelia Timosjenko aan die bewind geplaas het, terwyl Janoekowitsj leier van die opposisie geword het.

In 2008 het die Russiese president Poetin hom uitgespreek teen Oekraïne se moontlike toelating tot Navo. In 2009 het die Roemeense ontleder Iulian Chifu en sy medeskrywers die opinie uitgespreek dat Rusland, met betrekking tot Oekraïne, 'n opgedateerde weergawe van die Brezjnef-leerstelling navolg waarvolgens die soewereiniteit van Oekraïne nie groter kan wees as dié van die Warskouverdragslande voor die verval van die Sowjet-invloedsfeer in die laat 1980's en vroeë 1990's nie.

In 2009 het Janoekowitsj aangekondig hy gaan hom in 2010 weer as president verkiesbaar stel. Hy het gewen en is in 2010 beëdig.

Oekraïense rewolusie en oorlog thumb|links|Die Euromaidan-optogte in Desember 2013 in Kijif. Ná weke van protesoptogte as deel van die Euromaidan-beweging (2013-2014) het die pro-Russiese president Janoekowitsj en die leiers van die Oekraïense parlementêre opposisie op 21 Februarie 2014 'n ooreenkoms onderteken vir 'n vroeë verkiesing. Die volgende dag het Janoekowitsj uit Kijif gevlug weens 'n beskuldigingstem wat hom van sy mag as president sou stroop. Leiers van die Russiessprekende oostelike streke van Oekraïne het hulle lojaliteit teenoor Janoekowitsj bevestig, en dit het gelei tot die pro-Russiese onrus in 2014 in Oekraïne.

Die onrus is gevolg deur die anneksasie van die Krim deur Rusland in Maart 2014 en die oorlog in die Donbas, wat in April 2014 begin het met die skepping van die Russies gesteunde kwasistate Donetsk- en Loehansk-volksrepubliek.

Op 14 September 2020 het die Oekraïense president Wolodimir Zelenski Oekraïne se nuwe nasionale sekuriteitstrategie goedgekeur "wat voorsiening maak vir die ontwikkeling van 'n bondgenootskap met Navo met die oog op lidmaatskap van Navo". Op 24 Maart 2021 het Zelenski 'n verdrag onderteken wat die strategie goedkeur vir "die ontsetting en reïntegrasie van die tydelik besette gebied Krim en stad Sewastopol".

In Julie 2021 het Poetin 'n essay gepubliseer met die titel "Oor die historiese eenheid van die Russe en Oekraïners", waarin hy sy mening herbevestig dat die Russe en Oekraïners "een volk" is. Die Amerikaanse historikus Timothy Snyder het Poetin se idees as imperialisme beskryf. Die Britse joernalis Edward Lucas het gemeen dit is historiese revisionisme. Ander waarnemers het die Russiese leierskap daarvan beskuldig dat hulle 'n verwronge siening van moderne Oekraïne en sy geskiedenis het.

Rusland het gesê moontlike lidmaatskap van Oekraïne van Navo en die uitbreiding van Navo in die algemeen bedreig sy nasionale sekuriteit.

Op sy beurt het Oekraïne en ander Europese lande wat aan Rusland grens, Poetin daarvan beskuldig dat hy Russiese irredentisme probeer beoefen en van aggressiewe militaristiese beleide.

Russiese inval in die Krim en Donbas

thumb|220px|Kaart van die Russies beheerde gebied in Oekraïne, September 2014. Op 27 Februarie 2014 het Russiese soldate sonder kentekens die Oekraïense gebied van die Krim begin beset en Oekraïense militêre basisse blokkeer. In Maart het Rusland die Krim geannekseer ná ’n onwettige referendum wat onder besetting gehou is. Dit was die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog dat ’n Europese land ’n deel van ’n ander land annekseer, en verskeie kenners het dit met Nazi-Duitsland se anneksasie van Oostenryk vergelyk. Die VN se Algemene Vergadering het ’n resolusie aanvaar waarin die "territoriale integriteit van Oekraïne" bevestig en die anneksasie verwerp word. Navo het ook samewerking met Rusland opgeskort. Poetin het gesê die Krim moes nooit deel van ’n onafhanklike Oekraïne gewees het nie en beweer Rusland wou geen ander Oekraïense gebiede oorneem nie.

Pro-Russiese betogings, wat in die geheim deur Rusland befonds en georganiseer is, het gevolg in die Oekraïense stede Donetsk en Loehansk. In April 2014 het gewapende Russiese paramilitêre magte Slowjansk en ander nedersettings ingeneem en die onafhanklike Volksrepubliek Donetsk (DPR) en Volksrepubliek Loehansk (LPR) uitgeroep. Hulle bevelvoerder, Igor Girkin, het erken dié gebeure het die Donbas-oorlog ontketen, waarna Oekraïne spoedig ’n operasie van stapel gestuur het om die gebied te herower. Rusland het die separatiste in die geheim met soldate, tenks en artillerie ondersteun.<ref>

Die Internasionale Strafhof het geoordeel die oorlog was ’n nasionale en internasionale gewapende konflik waarby Rusland betrokke was, en die Europese Hof vir Menseregte het geoordeel Rusland het die DPR en LPR sedert 2014 beheer. Oekraïne se parlement het die Donbas-streek tot ’n gebied onder Russiese besetting verklaar.

Die anneksasie van die Krim en die Donbas-oorlog het ’n vlaag Russiese nasionalisme ontketen. Die ontleder Wladimir Sokor het Poetin se toespraak van 2014 ná die anneksasie ’n "manifes van Groot-Russiese irredentisme" genoem.

Poetin het na "Nieu-Rusland" begin verwys, ’n voormalige Russiese keiserlike gebied wat ’n groot deel van die suide van Oekraïne beslaan het. Russies gesteunde magte is deur Russiese neo-imperialisme beïnvloed en het probeer om ’n nuwe Nieu-Rusland te skep.

thumb|260px|Die Normandiëformaat-vergaderingDie "Normandiëformaat" (Frans: Format Normandie), ook bekend as die "Normandië-4", was 'n groep state wat tussen 2014 en 2022 probeer het om die Donbas-oorlog te beëindig en te voorkom dat dit uitbrei tot 'n Russies-Oekraïense oorlog. Die vier lande in die groep was Duitsland, Rusland, Oekraïne en Frankryk. Hulle het in 2014, tydens die 70ste herdenking van D-dag in Normandië, Frankryk, die eerste keer informeel byeengekom. in Desember 2019 was die enigste vergadering tussen Zelenski en Poetin. Toe die konflik in 2014 begin, was Oekraïne amptelik neutraal en het gesê hy streef nie na Navo-lidmaatskap nie. Ná Rusland se besetting van die Krim en inval in die Donbas het Oekraïne se parlement in Desember 2014 gestem om die land se neutrale status te herroep en Navo-lidmaatskap na te streef.