Die Volksrepubliek Donetsk (Russies: Донецкая Народная Республика, Donetskaja Narodnaja Respublika, [dɐˈnʲetskəjə nɐˈrodnəjə rʲɪˈspublʲɪkə]) is volgens internasionale reg 'n deel van Oekraïne, maar het van 2014 tot 2022 de facto 'n onafhanklike republiek gevorm, sonder algemene internasionale erkenning. Sedert die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is dit deur Rusland beset en op 30 September 2022 in weerwil van internasionale reg geannekseer.
duimnael|links|'n Kaart van Oekraïne met deur Rusland geannekseerde gebiede Hoewel Oekraïne nie beheer oor die Volksrepubliek Donetsk uitoefen nie, beskou die Oekraïense regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings die Volksrepubliek Donetsk as 'n deel van Oekraïne, waarvan die grondwet na dié gebied as Donetsk-oblast verwys.
Die Volksrepubliek Donetsk is langs die Oekraïens-Russiese grens en die Swartseekus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Donetsk. Die Volksrepubliek Donetsk beslaan 'n oppervlakte van 8 902 km² en het 'n bevolking van 2 302 444 in 2018 gehad. Die Volksrepubliek Donetsk grens in die ooste aan die Russiese deelgebied Rostof-oblast.
Politiek Internasionale erkenning duimnael|links|Internasionale erkenning van die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk: VN-lidlande erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 21 Februarie 2022. erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 29 Junie 2022. erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 13 Julie 2022. Gedeeltelik erkende en nieerkende gebiede erken die Volksrepubliek Donetsk sedert 27 Junie 2014. erken die Volksrepubliek Donetsk sedert 11 Mei 2014. erken die Volksrepubliek Donetsk sedert 26 Februarie 2022.
Sien ook Federale deelgebiede van Rusland
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Omstrede gebiede Kategorie:Russiese republieke