Benediktus van Nursia OSB (Latyn: Benedictus Nursiae; Italiaans: Benedetto da Norcia; 2 Maart 480 - 21 Maart 548) was 'n Christelike heilige wat in die Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk, Oriëntaal-Ortodokse Kerke en die Anglikaanse Gemeenskap vereer word, asook in die Ou Katolieke Kerke. Hy is 'n beskermheilige van Europa.

Lewe Benediktus het 12 gemeenskappe vir monnike gestig in Subiaco, Lazio, Italië (sowat 65 km oos van Rome), voordat hy na Monte Cassino in die berge van Sentraal-Italië is. Die Orde van Sint Benediktus het later ontstaan en is nie 'n orde in die gewone sin van die woord nie, maar 'n konfederasie van outonome gemeentes.

thumb|links|180px|Sint Benediktus aan die skryf aan die Reël van Sint Benediktus, deur Herman Nigg (1849-1928). Benediktus is veral bekend vir die Reël van Sint Benediktus, 'n stel voorskrifte vir sy monnike om te volg. Dit toon 'n unieke gees van balans, matigheid en redelikheid, wat die meeste Christelike godsdiensgemeenskappe wat in die Middeleeue gestig is, oortuig het om dit te aanvaar. As gevolg daarvan het die reël een van die invloedrykste godsdiensregulasies in die Westerse Christendom geword. Giuseppe Carletti beskou sint Benediktus daarom as die stigter van Westerse Christelike monastisisme.Carletti, Giuseppe, Life of St. Benedict (Freeport, NY: Books for Libraries Press, 1971).

Reël van Sint Benediktus

Benediktus het die voorskrifte in 516 geskryf vir monnike wat in 'n gemeenskap onder die gesag van 'n ab woon. Dit bevat 73 kort hoofstukke. Dit bevat twee aspekte: spiritueel (hoe om 'n lewe op aarde te lei wat om Christus gesentreer is) en administratief (hoe om 'n klooster doeltreffend te bestuur). Meer as die helfte van die hoofstukke beskryf hoe om nederig en gehoorsaam te wees, en wat om te doen as 'n lid van die gemeenskap nie is nie.

Na aanleiding van die goue reël ora et labora ("bid en werk") het die monnike elke dag agt uur lank gebid, agt uur geslaap en agt uur aan handearbeid, die lees van heilige geskrifte en welsyn bestee.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Heiliges in die Christendom