Die dwergpruimbas (Osyris speciosa) is 'n boom wat inheems is aan die Wes-Kaap en kom van Houwhoek tot by Agulhas voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 1000 km² en daar is nege subpopulasies bekend waarvan slegs drie in die beskerming van natuurreservate is. Die ander ses word bedreig deur indringerplante, ontwikkeling, steengroef werke en gewasverbouing. Die boom vorm deel van die fynbos.
Die boom se FSA-nommer is 100.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Osyris Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika