Die Natalkweper (Cryptocarya natalensis) is 'n boom wat inheems is aan KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Dit kom in Pondoland, vanaf Mkambati tot by Umtamvuna voor met geïsoleerde subpopulasies in Umdoni Park, Pinetown en Ozwatini. Die totale populasie word op minder as 1 000 plante geskat. Die woude waarin die boom natuurlik voorkom verdwyn stadigaan of word bedreig deur indringerplante.

Die boom se FSA-nommer is 117.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Cryptocarya Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika