Lampranthus glomeratus is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos. Dit kom van die Kaapse Skiereiland tot by Kleinmond voor en het 'n voorkomsgebied van 95 km². Nege van die elf subpopulasies bekend word as uitgestorwe beskou weens indringerplante en ontwikkeling terwyl die oorblywende twee subpopulasies bedreig word deur indringerplante.

Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online

glomeratus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika