Aspalathus globosa is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Hottentots Hollandberge, Groenlandberg en die Palmietrivierberge voor. Dit is deel van die fynbos en het 'n voorkomsgebied van 581 km². Die plant het reeds 45% van sy habitat in die Elginvallei afgestaan aan gewasverbouing en plantasies en die tendens hou steeds aan. Sommige subpopulasies is in beskermde gebiede.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
globosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika