Aspalathus humilis is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Tafelberg en by Jonkershoek naby Stellenbosch voor waar dit deel van die fynbos is. Die plant het 'n voorkomsgebied van 200 km² en die twee subpopulasies is in beskermde gebiede. Die plant was eers beskou as endemies aan Tafelberg maar is 1983 in Jonkershoek ook ontdek.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
humilis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika