Aspalathus grobleri is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Swellendam voor waar dit deel van die fynbos is. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 510 km² en daar is vier subpopulasies oor. Die plant het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan koringlande in die 1950's en 1960's. Die totale populasie word op minder as 500 plante beraam. Indringerplante is ook 'n bedreiging.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
grobleri Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika