Aspalathus calcarata is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos. Dit kom op die suidelike hellings van die Riviersonderendberge en Langeberg tussen Caledon en Riversdal en die lae kus heuwels tussen Pearly Beach en Struisbaai voor en het 'n voorkomsgebied van 4559 km². Daar is minder as tien subpopulasies oor, die plant het van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en indringerplante.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
calcarata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika